Indië in verkorte toer na SA

Kagiso Rabada vier Virat Kohli se paaltjie in een van die twee spanne se vorige wedstryde. Foto: Prakash Singh/AFP.

Ondanks die nuwe Omikron-variant en oorsese sportspanne wat links en regs wedstryde teen Suid-Afrikaanse teenstanders kanselleer, sal Indië se krieketspan steeds later die maand teen die Proteas kragte meet.

Virat Kohli en kie sal drie toetse en drie eendagwedstryde teen die Suid-Afrikaners speel, terwyl die vier T20-kragmetings op ’n latere datum beslis sal word.

Die nuus is deur Krieket Suid-Afrika (KSA) op sosiale media bevestig, terwyl Jay Shah (sekretaris van die Indiese Krieketraad) ook in ’n onderhoud gesê het dat die toer voortgaan; al is dit ’n verkorte weergawe.

Volgens ’n KSA-verklaring sal die wedstryde in ’n streng bio-veilige omgewing gespeel word.

“KSA het hierdie maatreëls van wêreldgehalte ingestel om te verseker dat alle spelers, spanlede en beamptes binne hierdie omgewing beskerm word.”

Die Indiese toergroep vertrek nou ook ’n week later as wat aanvanklik beplan is en daar sal waarskynlik aan die bepalings gekarring moet word.

Tog is dit welkome nuus dat die Proteas wel teen die Indiërs sal kragte meet – veral nadat die Nederlandse toergroep ná net een wedstryd hulle tasse weer vir Amsterdam gepak het.

In die begin van die jaar het Australië ook geweier om na Suid-Afrika te toer en KSA het na raming ’n verlies van R40 miljoen gely.

Op die rugbyfront het Munster, Cardiff, Scarletz en Zebre ook Suid-Afrika verlaat sonder om ’n wedstryd teen plaaslike spanne te speel.

Indië se A-krieketspan is egter steeds in die land waar hulle nie-amptelike toetswedstryde teen Suid-Afrika A speel.

Die tweede wedstryd tussen die twee spanne het onbeslis in Bloemfontein geëindig; die derde kragmeting begin Maandag by dieselfde venue.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

casper ·

Bly weg aub – ons wil nie ons kniekruipers laat speel nie !!!!!!!!

piet ·

Wie’s ons? Almal kniel so waarvoor ondersteun jy dan nog krieket? Sien uit na ‘n bietjie sport veral omdat dit op gratis tv is, iets wat so skaars soos hoendertande is in SA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.