Kyk: Kolwer slaan paaltjies dat hulle daar trek

Foto ter illustrasie. Argieffoto.

Daar is baie maniere om van ’n kolwer op ’n krieketveld ontslae te raak, maar Ayabulela Gqamane het vandag dinge vir homself interessant gemaak.

Die Titans-speler het diep in sy kolfkampie gestaan om ’n baie wye aflewering van die Knights se Miguel Pretorius deur die dekveld te timmer. Maar soos hy sy kolf afgebring het, het hy sy wegpen geslaan dat dit doer trek.

Die Titans het 143/8 in hul toegelate 20 boulbeurte aangeteken, maar die Vrystaters het die wedstryd met ses paaltjies gewen.

Rilee Rossouw, die voormalige Protea-kolwer, het ’n onoorwonne 73 van 51 aflewerings geslaan. Sy beurt het sewe viere en ’n ses ingesluit en hy is welverdiend as die speler van die wedstryd aangewys.

Die 31-jarige kolwer het in 36 internasionale eendagwedstryde 1 239 lopies vir Suid-Afrika teen ’n gemiddeld van 38,71 en ’n treftempo van 94,36 aangeteken voordat hy ’n Kolpak-kontrak met Hampshire onderteken het.

Hy het meer as 5 300 lopies in sy T20-loopbaan teen ’n treftempo van 136,37 geslaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

VaalDonkie ·

Dis die tipe ding wat ek sou oorkom in krieket. Seker hoekom ek altyd #11 gekolf het (as ek nie 12de man was nie).

Kokkie ·

As ek met my superstadige, superreguit ‘legspinners’ vir jou geboul het, sou jy beslis ‘n ‘career top score’ gekry het, VaalDonkie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.