Legendes in aksie ten bate van Aussie-brandslagoffers

Ricky Ponting en Justin Langer. Foto: Twitter.

Daar was Wasim Akram se inswaaiers, Brian Lara se flair, Matthew Hayden se aggressie en Sachin Tendulkar se briljantheid; alles op een krieketveld.

Met Adam Gilchrist en Ricky Ponting die twee kapteins vir die dag, kon die Bushfire Cricket Bash in Australië nie anders as ’n sukses gewees het nie.

Ná 20 aksiebelaaide boulbeurte het Ponting en kie Gilchrist-hulle met een lopie geklop en in die proses het dié puik inisiatief $7,7 miljoen vir die veldbrandslagoffers ingesamel.

Gilchrist se XI-tal moes 105 lopies in 10 boulbeurte aanteken en ná ’n blink begin – te danke aan die einste Gilchrist en Shane Watson – het Brett Lee skielik amok onder die kolwers gemaak.

Hy het van Yuvraj Singh en Brad Hodge ontslae geraak en hoewel Andrew Symonds (29 van 13 balle) sy bes probeer het, was dié een net té ver vir Gilchrist-hulle.

  • Die spanne:

Ponting XI: Matthew Hayden, Justin Langer, Ricky Ponting (kaptein), Elyse Villani, Brian Lara, Phoebe Litchfield, Brad Haddin (paaltjiewagter), Brett Lee, Wasim Akram, Dan Christian, Luke Hodge. Afrigter: Sachin Tendulkar.

Gilchrist XI: Adam Gilchrist (kaptein en paaltjiewagter), Shane Watson, Brad Hodge, Yuvraj Singh, Alex Blackwell, Andrew Symonds, Courtney Walsh, Nick Riewoldt, Peter Siddle, Fawad Ahmed. Afrigter: Tim Paine.

  • Shane Warne met sy Baggy Green-pet. Foto: Twitter.

    Dan het Shane Warne se Baggy Green-veiling ook meer as $1 miljoen vir die brandslagoffers ingesamel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

charmaine ·

Ek kry hoendervleis soos ek hier lees. Dis wonderlike hoe n land en nasie kan saam staan. en natuurlik is AUS krieketspan my gunstelinge.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.