Maxwell is terug vir Aussies teen Proteas

Glenn Maxwell laat waai met die wilgerlat. Foto: Facebook.

Marnus Labuschagne sal sy staal teen Suid-Afrikaanse boulers kom wys wanneer Australië die Proteas in ’n witbalkrieketreeks aanvat.

Die 26-jarige Labuschagne is in Klerksdorp gebore, maar het op 10-jarige ouderdom saam met sy ouers na Australië verhuis. Sedert verlede jaar slaan hy internasionale boulaanvalle aan’t flarde en hy het die meeste toetslopies in 2019 aangeteken.

Hy het vroeër vanjaar sy eendagdebuut teen Indië weg van die huis gemaak en handhaaf ’n kolfgemiddeld van 50.00 ná die reeks.

Marnus Labuschagne. Foto: Facebook.

In ander nuus maak Glenn Maxwell sy welkome terugkeer tot die span. Dié verwoestende kolwer – wat met die eienaardigste houe vorendag kan kom – het ’n gedeelte van die Australiese somerkrieketseisoen weens ’n stresverwante siekte misgeloop.

Hy het egter vir die Melbourne Stars in die afgelope Big Bash League aangevoer en het in 15 wedstryde 389 lopies teen ’n treftempo van 150,77 geslaan.

Die T20-reeks tussen dié twee lande begin op 21 Februarie op die Wanderers in Johannesburg.

  • Australië se T20-groep: Aaron Finch (kaptein en kolwer), Sean Abbott (bouler), Ashton Agar (bouler), Alex Carey (paaltjiewagter), Pat Cummins (bouler), Mitch Marsh (veelsydige speler), Glenn Maxwell (kolwer), Jhye Richardson (bouler), Kane Richardson (bouler), Steve Smith (kolwer), Mithcell Starc (bouler), Matthew Wade (paaltjiewagter), David Warner (kolwer) en Adam Zampa (bouler).
  • Australië se eendaggroep: Aaron Finch (kaptein en kolwer), Ashton Agar (bouler), Alex Carey (paaltjiewagter), Pat Cummins (bouler), Josh Hazlewood (bouler), Marnus Labuschagne (kolwer), Mitch Marsh (veelsydige speler), Glenn Maxwell (kolwer), Kane Richardson (bouler), Steve Smith (kolwer), Mitchell Starc (bouler), Matthew Wade (paaltjiewagter), David Warner (kolwer) en Adam Zampa (bouler).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.