Oudkaptein Elgar slaan vyftigtal

Dean Elgar en Aiden Markram het ’n openingsvennootskap van 141 lopies geniet. Foto: Phill Magakoe/AFP.

Die Proteas het bitter lanklaas ʼn goeie openingsvennootskap geniet, maar dinge het goed teen die Wes-Indiese Eilande gelyk terwyl Dean Elgar en Aiden Markram voor die paaltjies was.

Al twee kolwers het hul vyftigtalle aangeteken en 141 lopies teen ʼn flinke pas om die eerste paaltjie aangeteken.

Veral Elgar kan trots wees op sy beurt – dit kan nie maklik wees om die kapteinskap af te staan nie, terwyl hy ook kwaai in die aanloop tot die Windies-reeks met die kolf gesukkel het.

Sy beurt van 71 lopies het 11 grenshoue ingesluit voordat hy deur Jermaine Blackwood van Alzarri Joseph se boulwerk uitgevang is.

Daarteenoor het Markram sy goeie witbalkrieketspelpeil na die toetsverhoog oorgedra en oudergewoonte lyk hy veral goed op die voorvoet.

Suid-Afrika het besluit om vier snelboulers vir die Centurion-kolfblad te kies met Gerald Coetzee wat saam met Marco Jansen, Anrich Nortjé en Kagiso Rabada sal poog om die Windies-kolwers hoofbrekens te besorg.

Senuran Muthusamy is die enigste draaier in die elftal.

  • Opsomming van telkaart:

Suid-Afrika 141/1 ná 36 boulbeurte: Dean Elgar 71 en Aiden Markram 60*.

  • Spanne:

Suid-Afrika: Dean Elgar, Aiden Markram, Tony de Zorzi, Temba Bavuma (kaptein), Keegan Petersen, Heinrich Klaasen, Senuran Muthusamy, Marco Jansen, Kagiso Rabada, Anrich Nortjé en Gerald Coetzee.

Wes-Indiese Eilande: Kraigg Brathwaite (kaptein), Tagenarine Chanderpaul, Raymon Reifer, Jermaine Blackwood, Kyle Mayers, Roston Chase, Joshua da Silva, Jason Holder, Alzarri Joseph, Kemar Roach en Shannon Gabriel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

George ·

Dis WesIndie, die span is amper hoerskool vlak op die oomlik, as dit ooit so hoog is. Ons sal hulle wen met n beurt en 120lopies.

George ·

Gee hom dieselfde kans as wat vir Dean gegee is. Dean het n avg van 15.76 as kaptein.

Hennie Biebouw ·

Oud-kaptein Elgar maak ‘n vyftigtal…….en Aiden Markram slaan 115… en Bavuma ploeter voort met ‘n stewige nul.

George ·

Dis goed dat hy nie kaptein is nie, hy het n power rekord, en dis die Windies.

Casper ·

Wanneer gaan iemand besef hy is nie op standaard nie en verdien sy plek op meriete nie.Vir die pas afgelope T 20 reeks het geen span hom gekoop nie maar hy het op die ou einde 2 of 3 wedstryde gespeel en ek glo politiek het ‘n rol gespeel.Daar het hy ook misluk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.