Paterson vat vyf; Bavuma uit vir nulletjie

Dane Paterson het vyf paaltjies teen die Lions geneem. (Foto: X/DomesticCSA)

Daar is nog ʼn paar dae se spel oor, maar die Westelike Provinsie het reeds ʼn halwe hand op die silwerware.

Die Kapenaars het die Lions vir 225 lopies op die eerste dag van die plaaslike rooibalkrieketreeks-eindstryd in Johannesburg uitgeboul.

Dane Paterson (5/31) en Mihlali Mpongwana (4/41) was op hul beste en voordat die tuisspan sy oë kon uitvee, het hy met sy telling op 35/5 gewankel.

Protea-kolwers soos Temba Bavuma en Zubayr Hamza is vir nulletjies uitgeknikker, terwyl Ryan Rickelton net nege lopies kon aanteken.

Bavuma het in net een SA20-wedstryd vir die Sunrisers Eastern Cape gespeel, maar hy het ’n goeie beurt van 77 lopies vir die Lions teen die Boland in die aanloop tot die eindstryd geslaan.

Delano Potgieter, Wiaan Mulder en die Johannesburgers se stertkantkolwers het darem ʼn terugvegpoging van stapel stuur om toe te sien dat hul span meer as 200 lopies kon aanteken.

Edward Moore het egter soos ʼn wegholveldbrand weggetrek en teen uitskeityd het die besoekers reeds 49/0 op die telbord gehad.

  • Opsomming van die telkaart:

Lions 225/10 in 73 boulbeurte: Delano Potgieter 81, Wiaan Mulder 41 en Dane Paterson 5/31.

Westelike Provinsie 49/0 in 9 boulbeurte: Edward Moore 35*.

  • Spanne:

Lions: Joshua Richards, Dominic Hendricks (kaptein), Zubayr Hamza, Temba Bavuma, Ryan Rickelton, Wiaan Mulder, Delano Potgieter, Bjorn Fortuin, Codi Yusuf, Malusi Siboto en Tshepo Moreki.

Westelike Provinsie: Edward Moore, Tony de Zorzi, Yaseen Vallie, Gavin Kaplan, Kyle Verreynne (kaptein), Daniel Smith, Mihlali Mpongwana, Kyle Simmonds, Beuran Hendricks, Dane Paterson en Mthiwekhaya Nabe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

piet ·

Casper, witbal-krieket se jy. Sy gemiddelde is amper 46 in ODI’s, dis baie goed. Markram is byvoorbeeld 36, Hendricks 29, De Kock is/was 46 (een van ons beste ODI kolwers ooit), Dean Elgar was 17. Laura Wolvaardt se gemiddelde is 44 in ODI’s (nie dat dit saak maak nie, dis vroue-krieket). Ek het net vinnig gekyk en Joe Root (Engeland se beste kolwer by verre) se ODI gemiddeld is 47. David Warner is 45. Ian Bell is 40, moet ek aangaan? Net grappenderwys het ek ook gekyk na die rekords van die top 50 ouens wat die meeste lopies aangeteken het in ODI’s en raai wat, net 2 van daai 50 se gemiddelde is beter as Bavuma s’n (Tendulkar en Amla). Graemme Smith (38). Gibbs (35), Gary Kirsten (41), ens. Die statistiek weerspreek jou aannames so ek kan dus ongelukkig nie met jou saamstem nie. So terloops – hierdie betrokke wedstryd is nie ‘n witbal-wedstryd nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.