Proteas kan self besluit om te kniel of nie

(Foto: @OfficialCSA/Twitter)

Dean Elgar, Suid-Afrika se nuwe toetskaptein, het op die vooraand van die eerste toets teen die Wes-Indiese Eilande in St. Lucia gesê dat individuele Protea-spelers self kan besluit of hulle wil kniel of staande bly in die komende reeks.

Die Windies is van die krieketwêreld se grootste ondersteuners van die Black Lives Matter-beweging (BLM) en sal ongetwyfeld die knie voor elke wedstryd buig.

Hul voormalige kaptein, Jason Holder, het juis gesê hy hoop dat daar weer nuwe lewe in die kniebuig-gebaar geblaas word en dat dit “betekenisvol” sal wees.

Hy was verlede jaar ook ongelukkig omdat die gebaar stoom verloor het.

“Dit is belangrik dat die wêreld verstaan waar ons as swart mense vandaan kom, terwyl hulle ook begrip het vir die harde werklikheid: Daar is ongelykheid in die wêreld,” het Holder destyds gesê.

Volgens Elgar het hy en Volvo Masubelele (Protea-spanbestuurder) met die Windie-kaptein Kraigg Brathwaite byeengekom om die pad vorentoe te bespreek.

“Die spelers is die vryheid gegun om hul eie keuse te maak. Indien iemand gemaklik daarmee is om die knie te buig, mag hy,” het Elgar gesê.

Spelers kan ook ’n gebalde vuis lig, sou hulle so verkies.

“As die spelers nog nie heeltemal gemaklik met die gebare is nie, kan hulle op aandag staan om steeds die veldtog te respekteer.”

Verskeie Suid-Afrikaanse spelers het verlede jaar gekniel voor die 3TeamCricket-inisiatief op SuperSportpark. Duisende plaaslike krieketondersteuners het egter onmiddellik hul misnoeë met die gebaar uitgespreek.

Die kniebuig-storie het ook ’n storm in die rugbywêreld ontketen toe Faf de Klerk en sy Suid-Afrikaanse Sale Sharks-spanmaats verlede jaar besluit het om staande voor hul Gallagher Premiership-wedstryde in Engeland te bly.

Die spelers het egter steeds gewys dat hulle teen rassisme gekant is deur T-hemde te dra met die woorde “Rugby against Racism” daarop. Tog was die Suid-Afrikaanse sportminister, Nathi Mthethwa, nie tevrede met wat hy in Engeland gesien het nie en hy het die spelers se besluit bevraagteken.

Hy het egter later gesê dat hy nie teen hulle kan optree nie.

“Ek sou egter in my plig versuim het as ek nie belanggestel het in die redes waarom die spelers op verskillende maniere besluit het om hul eensgesindheid met die Black Lives Matter-beweging te toon nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Adam Adriaan ·

‘n Mens se kop moet jou verlaat het as ‘n mens op so ‘n valk sport beoefen en jou met sulke beuselagtighede besig hou.

Suzette ·

Nog steeds op daardie noot of sal ek nou sê knie – beweeg tog aan asb.

Anoniem ·

Juis om hierdie rede dat ek geensins meer krieket of welke sport ookal wat BLM verkondig kyk nie. Ploeter gerus voort met julle politieke speletjies.

Jakes ·

BLM beweging is n siek klug. Snert op sy hoogste vlak en ek hoop dat die Proteas op krieket sal konsentreer en nie weer die land in die skande gaan steek met hul swak spel nie.

Androclus ·

SA se sport veral in rugby kyk ek nie meer nie,veral as jy talent het,het jy dit maar ,dit gaan oor velkleur,en die geld wat hulle kry word nie vir die naaste gegun nie.
Dankie
Ons almal verdien ‘n plek onder die son.

isabelle ·

ALL LIVES MATTER boere lewens maak saak kinder se lewe diere se lewe indier se lewe enige mens he respek vir lewe hoekom uitsonder?

Dirk Mostert ·

Wat van gebare teen anti-wit rassisme in Suid-Afrika? Die Wes-Indiers kan wr….. nie voorgee daar word teen swartes gediskrimineer in hulle land nie.

Steve ·

Dis hoekom ek geen sport meer volg nie. Ek gaan stap liewer met my honde as om n klomp slapgatte te sien wat ieder geval net op velkleur en nie meriete, gekies word nie. Ek mis niks

Pieter ·

Ek het absoluut geen respek vir enigiemand wat die knie buig vir BLM nie, dit het niks met menselewens te doen nie, maar gaan alles oor politiek.

Cherokee ·

Die spelers van Suid Afrika behoort T-hemde te dra met die letters WLM daarop.

Racheltjie Debeer ·

Die geteem met “ongelykheid” raak nou irreterend. Weet hulle hoeveel afrikaanse kinders in plakkerkampe grootword en honger gaan slaap? Duidelik nie. Ek stem saam met Suzette, beweeg aan.

SwartBees ·

Aaaag togit, kom tog oor die knie buig sirkus. Almal se lewens maak saak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.