Windies-kaptein ongelukkig oor BLM-gebaar stoom verloor

Die Wes-Indiese spelers het die knie gebuig. Foto: ANA.

Die internasionale krieketseisoen is in die Covid-19-era met ’n toetsreeks tussen die Wes-Indiese Eilande en Engeland afgeskop.

Die Wes-Indiese en Engelse spelers het vóór elke toets die knie ter ondersteuning van die Black Lives Matter-beweging gebuig. Maar in die daaropvolgende reekse (Pakistan teen Engeland en Australië teen Engeland) het die gebaar begin stoom verloor en in die Indiese Premierliga bly die spelers ook staande.

Die Windies-legende Michael Holding het al vantevore sy ontevredenheid oor hierdie stand van sake uitgespreek en gesê dat om die knie te buig lank reeds nie meer ’n kwessie van swart teen wit is nie, maar eerder ’n geleentheid is vir die mensdom om saam te kom en te besef dat almal gelyk behandel moet word.

Nou het Jason Holder, die huidige Wes-Indiese kaptein, Holding se sienswyse ondersteun nadat hy die Cricket Writers’ Club se Peter Smith-toekenning in ontvangs geneem het.

Die Windies het hierdie toekenning verwerf omdat die span ’n groot rol gespeel het in die poging om Engeland se toetskrieketseisoen in die Covid-19-era te beredder.

“Dit is belangrik dat die wêreld verstaan waar ons as swart mense vandaan kom, terwyl hulle ook begrip het vir die harde werklikheid: Daar is ongetwyfeld ongelykheid in die wêreld,” het Holder gesê.

Die 28-jarige veelsydige speler het sy teleurstelling uitgespreek oor hoe die daaropvolgende toere na Engeland afgeloop het, maar hy het terselfdertyd gesê dat daar nog baie water in die see moet loop voordat rasse-ongelykheid iets van die verlede is.

Holder is deel van die IPL waar hy een van die Sunrisers Hyderabad se oorsese spelers is.

Daar is egter nog geen erkenning aan die Black Lives Matter-beweging gedurende die toernooi in die Verenigde Arabiese Emirate gegee nie. ’n Oomblik van stilte is wel voor die openingswedstryd tussen die Chennai Super Kings en die Mumbai Indians vir diegene gehou wat die Covid-19-pandemie in die voorste linies beveg.

“Om eerlik te wees, ons het nog nie een keer hier daaroor [BLM] gepraat nie. Soms lyk dit asof dit ongesiens verby gegaan het; wat ’n hartseer stand van sake is. Ek dink dit is ons verantwoordelikheid om weer die belangrikheid daarvan te beklemtoon sodat mense kan verstaan wat in die wêreld gebeur,” het Holder gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sarel ·

As hy maar weet. Aijaijai die onkunde. Die ander het begin luister na hulle ondersteuners

tweeling ·

Die ander ouens wil krieket speel en wil hulself nie met sulke onbenullighede ophou nie. Kom oor dit en gaan aan.

Die Wolf ·

Soek sy 5 minute fame. Word groot man, die wereld het besluit dit is n klomp nonsens.

koos10 ·

Micheal Holding, what did you do for this cause, for the exception of kneeling and moaning?
As a matter of fact, how much money have all the supporters gave to this cause? I suspect very little, because it is always difficult to put your money where your mouth is. If you feel so strong about it, register the cause as a non profit organization en work from there, but for Pete’s sake, stop forcing it down my throat.

Hercules ·

ek glo in die Woord van God, is ‘n wedergebore, kruisdraende Christen, ‘n volgeling van Abba Vader, sy seun Jesus Christus, die Heilige Gees en buig my knie net voor Jesus my verlosser en geen ander afgod nie – daarom is ek vreesloos!!

Jack ·

BLM het ontstaan omdat die goddeloses ‘n misdadiger, George Floyd, tot ikoon verhef hisomdat hy tydens verset teen inhegtenisneming gesterf het. Van wanneer af verhef ‘n mens misdadigers tot helde status? Dit wys jou hele waardestelsel is vals. Nou dat die valsheid daarvan duidelik geword het, nou moet dit skielik “gesaniteer” word met ‘n nuwe definisie deur dit n geleentheid te noem vir die mensdom om saam te kom en te besef dat almal gelyk behandel moet word.

Eienaardig hoe die wat die meeste vra na gelyke behandeling gewoonlik die onwilligste is om die insette te lewer om gelyke behandeling te verdien.

Cecilia ·

Hkm moet hulle kniel voor BLM maar ons VADER word nie erken vir d talent wat hulle verniet ontvang het nie. Ek sal gun d knie buig vir enige iets anders as my SKEPPER nie. BLM is n Amerikaanse ding waar d helfte vd land se populasie nie eers aan n GOD glo nie.
Laat d kaptein al sy Wedstrydgeld skenk as hy so sterk voel oor d BLM beweging!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.