Proteas kolf eerste in Bloemfontein

Quinton de Kock (Foto: Hansie Linde)

Australië het die loot gewen en besluit om eerste te boul in die eerste eendagwedstryd teen Suid-Afrika in Bloemfontein.

Die Aussies het twee draaiers – Ashton Agar en Adam Zampa – vir die kragmeting gekies en hulle sal saam met Sean Abbott en Josh Hazlewood probeer om die Protea-kolwers goedkoop uit te knikker.

Quinton de Kock sal vir oulaas die kolfwerk vir die Proteas in ʼn eendagkrieketreeks open nadat die 30-jarige paaltjiewagter sy uittrede ná die komende Wêreldbeker-toernooi aangekondig het.

Sy aanvangsmaat is Temba Bavuma, terwyl Rassie van der Dussen en Aiden Markram vir die toporde-lopies moet sorg.

Heinrich Klaasen en David Miller sal dan later die langsteel moet inlê om vinnige lopies aan te teken.

In Anrich Nortjé se afwesigheid sal Kagiso Rabada op alle suiers moet vuur as die tuisspan die Aussie-kolwers in toom wil hou; iets wat hulle nie in die afgelope T20-reeks kon doen nie.

Suid-Afrika: Temba Bavuma (kaptein), Quinton de Kock, Rassie van der Dussen, Aiden Markram, Heinrich Klaasen, David Miller, Marco Jansen, Gerald Coetzee, Keshav Maharaj, Lungi Ngidi en Kagiso Rabada.

Australië: Travis Head, David Warner, Mitchell Marsh (kaptein), Cameron Green, Josh Inglis, Alex Carey, Marcus Stoinis, Sean Abbott, Ashton Agar, Adam Zampa en Josh Hazlewood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Manie ·

SA, en klaar kniediep in die knyp op 92/3. de Kock, van der Dussen en Markram reeds uit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.