Proteas móét verbeter

Faf du Plessis het weliswaar die hoogste telling vir die Proteas geslaan, maar die span se kolwers sa moet begin honderdtalle slaan. Foto: Cricinfo.

Die teleurstelling was duidelik op Faf du Plessis se gesig sigbaar toe hy die media gister toegespreek het. Die metroman-haarstyl is effens meer deurmekaar as normaalweg, terwyl die tatoeëermerke op sy gespierde bo-arms ’n paar spronge maak.

Maar tog behou hy oogkontak terwyl hy met die joernaliste praat – die vuur en passie is nog daar.

“Ek is ongelooflik teleurgesteld. Ons doen ’n paar goeie dinge op die veld, maar ons is hoegenaamd nie bestendig genoeg om wedstryde te wen nie,” het Du Plessis gesê.

Die Proteas het hulle gister op die Oval hul tweede agtereenvolgende nederlaag by vanjaar se Wêreldbeker in Engeland op die hals gehaal toe Bangladesj hulle met 21 lopies geklop het.

Du Plessis het die loot gewen en vir Bangladesj ingestuur om te kolf – waarskynlik met die plan om hulle met opslagballe te bombardeer en die wedstryde binne ’n japtrap te wen.

Die Tiere se kolwers het egter ander planne gehad en te danke aan puik kolfwerk deur Shakib Al Hasan (75) en Mushfiqur Rahim (78) het die Asiërs 330/6 geslaan – hul hoogste telling nóg in eendagkrieket.

Die Protea-boulers het bontgestaan, met net die 40-jarige Imran Tahir (2/57) en Andile Phehlukwayo (2/52) wat werklik ’n noemenswaardige bydrae gemaak het.

Met Lungi Ngidi wat sy dyspier ná net vier boulbeurte beseer het, word Dale Steyn se vordering op sy herstelpad met valkoë dopgehou.

As die boulwerk die versiersuiker op ’n teleurstellende koek was, dan was die kolfwerk die kersie op dié brousel.

Net Du Plessis (62) het ’n vyftigtal vir die Suid-Afrikaners geslaan en al het hulle self meer as 300 lopies aangeteken, was die jaagtog nooit werklik op koers nie.

“Ons kolwers – ék inkluis – moet honderdtalle slaan, dit help nie ons word vir 30 of vir 40 lopies uitgehaal nie.”

Quinton de Kock (23), Aiden Markram (45), JP Duminy (45), Rassie van der Dussen (41) en David Miller (38) het almal sterk begin, maar niemand kon die wa deur die drif trek nie.

Wat egter meer kommerwekkend is, is hoe lusteloos die Proteas op die veld gelyk het en hoe vinnig hul skouers begin hang het toe die Bangladesj-kolwers die oorhand begin kry het.

“Tans sukkel ons in alle fasette van ons spel en om te sê te geluk was nie aan ons kant nie, is beslis nie ’n opsie vir my nie.”

Die span speel Woensdag teen Indië in Southampton. En daar is nog hoop, mits die span hulle vinnig regruk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Andre Coetzee ·

Die realiteit en waarheid is soms nie wat mense wil hoor nie.Maar enige span wat sport die onreg aandoen met kwotas en geforseerde transformasie verdien om te verloor.Eenvoudig.Daar wag nog meer verloor verder in die toernooi.Raak gewoond daaraan.

Susna ·

Andre Coetzee, Stem 100% saam met jou. Wanneer politiek inmeng by sport, soos hier die geval is kan ons maar vergeet om enigsins beter te verwag. Soos jy se, “raak gewoond daaraan.”

kolla ·

Dis die sterkste span wat ons kon kies. Al die swart spelers is op meriete daar. Ons het egter tans net enkele wereldklas spelers. Ons gaan deur ‘n opbou-fase, jy gaan nie spelers soos AB en Kallis agter elke bos uitkrap nie. Kallis het vir jare die krake toegesmeer want wereldklas allrounders is so skaars soos hoendertande. Dit neem jare om spelers van daai uitsonderlike kwaliteit te vervang (indien ooit).

Boerseun ·

Maak nie saak nie kolla, kwotas bestaan en bly verkeerd. Kwota se probleem le dieper as n paar spelers vir die sa span

Nic ·

Ek stem 100% saam. Dit was ook duidelik watter span het die beter kolf afrigter.

Adele ·

nee dis die IPL waar almal wil speel en as hul vir hul land moet speel beteken hul niks

Kiepie ·

Die opskrif moes eintlik lees “Proteas sàl verbeter” want dit kan nie regtig slegte nie. Eish!

Anoniem ·

Ek is bevrees dat transformasie ons sport alreeds vernietig het, want daar is nie eers meer goeie blanke spelers tuis wat ‘n verskil kan maak nie.

Ep ·

Faf jy moet net weet dat julle altyd as chokers sal wees Dis maar een maal en as jy nog n groter gemors wil sien hou die rugby dop.

Dromer ·

Die vrouesokkerspan verloor 7-2 teen Noorwee, Bafana verloor teen Botswana, die Proteas verloor teen Bangladesh, Blitsbokke verloor teen NZ. Wat is die probleem met ons spannetjies wat so opgehemel word op eie bodem? Ons het dan nou meer spelers om van te kies as in die ou dae!

Wurmpie ·

Ek dink Faf moet by homself begin deur die keuses wat hy maak. Hoekom nie eerste kolf nie. Ons boulers is nie opgewasse genoeg om teiken te verdedig nie

Sê ook maar net!! ·

Sorry maar julle is maar net ń klompie wat ook graag iets wil wees. Maar chokers is dalk gepas????
Hoe wen jy die lood en dan laat jy die ander span kolf julle is nie op gewasse om ń telling tejaag nie! nie nou nie en ook nie gou nie. Ons is baie baie teleergestel????????????

EKKE ·

Na 2 to 3 weke vakansie, kom Dale Steyn huistoe. Glad nie ‘n verassing nie. Moes in die eerste plek nie in die span gewees het nie. Hoop dis nou die laaste sien van Steyn………

Louis Botha ·

Die ander spanne het opwarmings wedstryde gespeel. Wat het ons gedoen? Boul vir mekaar in die nette…Ons boulers kan nie by die blaaie aanpas nie. Almal wil kort boul op die Engelse blaaie en word uitmekaar geslaan. EN van die boulers lyk maar lekker dik en onfiks. Ons kolwers kan nie teikens jaag nie…as Faf en de Kock nie afkom nie, val die span uitmekaar. Ek is bevrees “watch this space” teen Afganistan…niemand is meer bang vir ons nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.