Proteas sê nee vir AB wat in WB wou speel

AB de Villiers se aggressiewe en innoverende spel sou baie vir die Proteas beteken het. Foto: Cricinfo.

Waarskynlik die beste eendagspeler wat Suid-Afrika nóg opgelewer het – dié man wat ’n honderdtal van 31 aflewerings geslaan het én ’n 150-tal van 64 balle (in die Wêreldbeker nogal) – was bereid om vir die Proteas in die huidige Wêreldbeker-kriekettoernooi in Engeland te speel.

ESPN Cricinfo het vanoggend berig dat die 35-jarige De Villiers homself op die vooraand van die finale spanaankondiging beskikbaar gestel het om saam met die Proteas na Engeland te vlieg.

Hoewel hy reeds ’n jaar of wat gelede sy uittrede uit internasionale krieket aangekondig het, was De Villiers nog vlymskerp in die afgelope Indiese Premierliga. Hy het 442 lopies teen ’n gemiddeld van 44.20 vir die Royal Challengers Bangalore geslaan.

Die Proteas het ’n rampspoedige toernooi tot op hede gehad. Nie net het hulle hul eerste drie wedstryde verloor nie, maar beserings aan Dale Steyn en Lungi Ngidi het ook hul voorbereiding lelik omvergewerp.

Met De Villiers daar sou die sukkelende kolwers leiding van een van die sport se legendes gekry het. Enige kolwer sal met meer vryheid en selfvertroue speel as hy weet De Villiers hou die bal aan die rol aan die anderkant van die kolfblad.

Sy vermoë om enige boulaanval in wêreldkrieket aan flarde te slaan is ongeëwenaar en hy kan letterlik enige innoverende hou speel. Maar helaas het dinge nie so uitgewerk nie.

De Villiers het met Faf du Plessis (spankaptein), Ottis Gibson (afrigter) en Linda Zondi (keurderbaas) gepraat, maar die spanbestuur het gevoel dat dit onregverdig jeens ander spelers en die keurkomitee sou wees om die uitgetrede superster vir die Wêreldbeker te oorweeg.

“Ek het gepleit dat AB nie in 2018 moet uittree nie. Hoewel daar ’n persepsie was dat hy gekies het watter toernooie hy sou speel of nie speel nie, was dit hoegenaamd nie die geval nie. Ons het hom egter die opsie gegee om sy speellas voor die Wêreldbeker te monitor, sodat hy vars in Engeland sou wees,” het Zondi gesê.

Zondi-hulle het dit glo duidelik gestel dat De Villiers in die tuisreekse teen Sri Lanka en Pakistan moet speel om in aanmerking vir die Wêreldbeker-span te kom, maar hy het gesê hy het homself by sy beslissing om uit te tree berus.

“AB het ’n reusegaping in die span gelaat toe hy uitgetree het en ons moes spelers op franchise-vlak soek om daardie gaping te vul. Ons het spelers wat baie hard gewerk het om vir die WB-groep gekies te word en hulle het hul geleenthede verdien. Ons moes regverdig wees jeens die spelers, die span, die franchise-stelsel en die keurkomitee.”

“AB is sonder twyfel een van die beste spelers ter wêreld, maar ons moet getrou bly aan ons waardes.”

Zondi het bygevoeg dat die span reeds gefinaliseer was toe De Villiers homself beskikbaar verklaar het.

  • Intussen het De Villiers op Twitter gesê dat Suid-Afrikaners die Proteas moet aanhou ondersteun.

“Daar moet nog baie water onder deur die brug vloei en ek glo hulle kan dit ver bring.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Juandre ·

Nee wat AB jy kan nie jou brood aan albei kante gebotter wil hê nie. Ek was toe al die tyd reg gewees ek het geweet hy gaan homself beskikbaar stel vir die Wêreldbeker en sowaar daar doen hy dit toe. “Nee hy is te moeg gewees vir internasionale krieket” dit was sy verskoning maar hy is so arrogant om te dink hy gaan net weer vinnig in die span instap vir die wêreldbeker. Ja hy is goed en talentvol ek ontken dit nie maar ek speel eerder al my wedstryde sonder hom en verloor as wat ek hom dan nou sou gekies het vir die Wêreldbeker.

chante ·

baie ware kommentaar gehoor vandag op die radio

daar is nog hoop vir die krieket span

die ashoop

Skies maar dit kom vir my voor sy was reg

Francois Joubert ·

Ek het vandag gehoor die belangrikste deel van die wereldbeker vir die Proteas is die ‘toss’. Dit bepaal of hulle met lopies of paaltjies gaan verloor.

Mooi man! ·

Hehehehe bwahahaa francois en chante wel gese ..Nou dit is feite soos n koei!

Nico ·

Net ‘n paar dae gelede het AB nog gal gebraak omdat hy meen hy is onregverdig daarvan beskuldig dat hy selektief gekies het waar en wanneer hy wil speel. Hy het self besluit om uit te tree maar wil op die vooraand van die wêreldbeker net in die span instap. AB het ongelukkig groter as die spel geword. IPL 20 is nie wêreldbeker krieket nie. Geld jag in die T20 reekse oor die wêreld heen was vir hom ook belangriker en dit nadat hy gesê het hy wil meer by sy gesin wees. Neewat AB jy bly maar nog selektief wanneet en waar jy wil speel.

Gertjie ·

Kom ons wag tot almal hulle kant van saak stel tot ons oordeel . Dalk is hy deur kaptein en afrigter gevra om beskikbaar te stel . Faf , AB en Gibson het nog nie een kommentaar gelewer slegs Zondi van keur kommitee en ek glo nie juis aan hul geloofwaardigheid

kolla ·

Ja, hy word gemis maar geen speler is groter as die spel nie. Pynlik maar CSA het reg opgetree.

Pieter ·

AB moes speel al wil julle hom kruisig. Hy was uitgebrand en moes rus. OS du Randt het uitgetree en die afrigter het hom weer laat speel en so doe wereldbeker gewen. Nie Faf od die Protea afrigter weet waarvan hulle praat nie. Faf het maande terug gese hul kan sonder AB. Ons krieket is nou die swakste wat dit ooit was en hoekom: Trots om AB nie te kies, ‘n patetiese afrigter, swak kaptein?

Nico ·

Pieter daar is ‘n REUSE verskil tussen OS en AB. Os het die volle 4 jaar voor wêreldbeker gespeel en nie dag voor die span gekies word kom sê nou wil hy speel nie . Ja AB het glo gesê hy was moeg maar nie moeg genoeg om die dollars na te jaag in die wêreld se T20 toernooie nie! Selfs al was AB nou daar sou niks verander het nie want wie is daar wat saam met hom kon kolf?

anita ·

Ek is bly hulle het hom weg gewys. Hy soek mos ander weivelde. Bye bye AB

Jean ·

Ja Anita en waar is julle??? Mooi man mooi geniet hoor…hehe ai..

Pb ·

Jammer AB..jyt jou kans gehad. Selfs met jou kon sa in d verlede ook nie die beker wen nie…hoekom nou kwansuis met jou?
KSA neem bitter min korrekte besluite…hierdie was een

Fanie ·

Soos om vir Philander te kies bo Abbot in vorige wereldbeker

kolla ·

Philander was nog altyd beter as Abbott, hy’s ook beter as die meeste boulers wat tans in die span is.

Vraagteken ·

Kolla, jy het seker nie die 2015 wêreldbeker gevolg nie. Voor daardie semi-finaal was Abbot se vorm uitstekend, terwyl Philander nie so goed was nie (alhoewel, hy was beter as Steyn). Steyn was net gekies as gevolg van sy reputasie (baie soos wat nou gebeur met al die fosiele). Daar is ‘n groot verskil tussen toets en eendag…

kolla ·

Ek dink die bohaai in 2015 was omdat Philander half-beseer was, hy was nog altyd beter as Abbott in alle vorms van die spel. Philander is myns insiens tans ook ons beste allrounder (en steeds een van ons beste boulers) en moes in die wereldgroep gewees het. Ek weet nie hoekom hulle drie jaar gelede al besluit het dat hy net toetse moet speel nie, dit was ‘n fout.

Johan Pretorius ·

As mens die vrotsige vertoning van die Proteas beoordeel is dit baie duidelik dat hulle vir Abie de Villiers en Morne Morkel baie mis .

Chanel ·

Ons kort lopies. Stem saam dit sou onregverdig wees. AB kon vroër wakker geskrik het. Proteas moet onthou hulle is nou op 50 boulbeurte bue meer 20 nie. My hart breek vir hulle. Hulle kon baie beter doen maar ek dink nie hul sou bo gekom het selfs met dale en ab nie

Opslagbal ·

Ja , nou is AB die weerligafleier om die hopelose spel van die Proteas te verdoesel.

Koos ·

Ek sien die Proteas het nog net een moeilike game om te verloor teen Afghanistan, die ander behoort hulle maklik te verloor!

Vraagteken ·

Nee Callie, jy sit die pot nou heeltemal mis. AB se houding was verkeerd – gaan kyk maar na van sy onderhoude so ‘n jaar terug

MJ ·

Ek love AB, maar nie eers hy kan die Proteas red soos hulle nou speel nie
Ons het nie sy kant van die saak gehoor nie, maar as dit waar is, het CSA die regte besluit geneem. Jy moet jou plek verdien deur saam met die ander te speel.

snaaks ·

As hul verskoning is dat hy nie in sekere toernooie gespeel het voor die WB nie is dit belaglik. Wat van die rugbyspelers wat glad nie in SA speel en hulle word opgetrek in die WB rugby…Ek ruik ‘n rot! Kom AB vertel bietjie wat die waarheid is..

EKKE ·

Koos, jy het ‘n punt. As Afghanistan van die begin af hulle draaiers gaan gebruik, kan die flou blommetjies die een ook dalk “maklik” verloor..

Erika ·

Kolla op jou vraag of ons die WB voorheen gewen het toe AB gespeel het wil ek net vir jou sê dat hulle nie gewen het nie maar wel kon mens gesien het die span se moraal en veggees wat beter. Die ouens prober nie eers balle keer nie.. Ons veldwerk is net so pateties. Dalk lê die fout nie by die spelers nie, maar by die keurders en afrigters!

kolla ·

AB sou ook maar nie ‘n verskil gemaak het nie. Een swaeltie maak nie ‘n somer nie.

En nou? ·

Is die doel van ‘n wereldbeker nie om jou beste spelers daar te he, sodat jou LAND dit kan wen nie?
Gewoonlik, maar ek het vergeet SA gee mos nie oor sulke dinge om nie, solank ons span die rainbow nation verteenwoordig, dan is alles sharp!

kolla ·

Daar is reeds ‘n jaar tevore vir AB gesê wat hy moet doen om vir die wereldbeker te kwalifiseer (ondermeer plaaslik speel) nou kom hy en sê hy is beskikbaar 24h voor die span aangekondig word. Baie arrogant van hom, bly hy is nie oorweeg nie.

Gertjie ·

Hoeveel wedstryde het JP gespeel en op watter vorm was Amla gekies

kolla ·

JP speel plaaslike krieket en was een van die beste presteerders in daai kompetisie. Hy is op grond van sy onlangse vorm in plaaslike krieket gekies. Stem saam met Amla wat al vir maande nie op vorm is nie.

Gertjie ·

Dalk sou ons as daar nie polities ingemeng was nie (Philander wat gekies was met besering bo Abbot). Maklik om dit te vergeet

kolla ·

As? Ons sou in elk geval nie Aus geklop het nie, vergeet maar.

D B ·

Ek stem saam, jy kan nie “kies” wanneer jy wil speel nie, maar dis AB, so antwoord my die vraag: “As S.A. op die veld stap, wie vrees ons?” Antwoord: “Niemand.”

Daar’s niemand huidiglik in die span wat “gevrees” word nie. Selfs al het RCB so swak gevaar hierdie jaar, met AB daar het geen span hulle ondeskat nie. Maak nie saak in watter span hy speel nie, teenstanders bly versigtig, want almal weet wat hy kan doen.

So, ek sou hom saamvat, al het hy hoe swak gevaar, die ander spanne sou ten minste ons nie onderskat het nie. Nou, sonder hom, is spanne meer bang vir Afghanistan as vir ons…

Frans C ·

Waarom in elk geval ‘n aanvangskolwer wat uit vorm is en ‘n aanvangsbouler wat beseer is saam neem.As dit goed genoeg is dan kon AB ook maar saamgegaan het.

Ella ·

Wil net graag weet hoe die rugby manne oorsee speel en dan wel in die Springbok span is?
So, hoekom kon AB nie ook gekies gewees het nie, want hy is ten minste op vorm!
Dit is glad nie ‘n plesier om na hierdie krieketspan te kyk nie!…..

SM ·

Is dit regtig ons BESTE Spelers , Beste Kaptein ?
Is daar regtig ‘n “VIBE” om te speel en te wen in die span ?

Ek dink dit is pateties en op sy “BESTE” !
Groot mond gewees voor hulle vertrek het…. te windgat gewees ….. plaas van NEDERIG en hulle beste te gee op die veld.

wat ‘n skande vir SA !!!

Joe ·

Soos n engelsman sal se “it’s a no brainer”. Jy vat AB sonder twyfel. Die man is n legende en heelwaarskynlik groter as die game. Hy is soos n Tendulkar, jy maak maar plek as dit moet.

Toy ·

AB moes gespeel het, want hys die beste. As jy die wereldbeker wil wen kies jy die beste en neem jy nie emosionele besluite nie.

Jaco ·

Om die wêreldbeker te wen het jy n boulaanval nodig wat vennootskappe kan breek, lopietempo kan afhou en boulers wat enige tyd n deurbraak kan bewerkstellig. Kolwers wat vennootskappe kan bou. Ons benodig meer “All rounders”, n kaptein wat inspireer en veldwerkers wat vuurwarm is soos Jonty Rhodes van ouds. Ons boulers is nie goed genoeg nie en kolwers nie op vorm nie. Werk met n plan en bou vir 4 jaar met ervare en jong spelers aan n kampioenspan.

Judge Dredd ·

Ja hulle sal bou aan ‘n nuwe span vir die volgende 4 jaar – en nogsteeds verloor in volgende wereldbeker – tesame met menige verlore tussenin soos hulle nou kamstig bou.

Ons hoor die bou vir volgende wereldbeker verskoning gedurig van SA Rugby.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.