SA20 wil weer krieketspiere bult

Sunrisers Eastern Cape is die wenners van die eerste SA20-toernooi. Foto: (Twitter via Sunrisers Eastern Cape.)

Die tweede weergawe van die SA20-toernooi begin op 10 Januarie 2024 wanneer die Sunrisers Eastern Cape gasheer vir die Joburg Super Kings speel.

Die spanne is grotendeels bevestig en die eienaars het hul beursies groot oopgemaak om die dienste van Matthew Boast en Dayyaan Galiem te bekom.

Die 20-jarige Boast is vir R1,6 miljoen op die spelersveiling deur die Pretoria Capitals opgeraap. Die oudleerder van Hilton College het Suid-Afrika al by die o. 19-Wêreldbeker verteenwoordig, terwyl hy nege paaltjies in sy ses T20-wedstryde geneem het.

Galiem het vir dieselfde bedrag sy pad na die Joburg Super Kings gevind.

Die 26-jarige veelsydige speler se T20-getuigskrif spog met 437 lopies en 25 paaltjies en hy was ook destyds ʼn lid van die nasionale o. 19-span.

In ander verwikkelinge het Nicholas Pooran deel van die Durban’s Super Giants-opset geword. Die Wes-Indiese paaltjiewagter is ʼn bekende gesig op die internasionale T20-verhoog en sy flitsende kolf kan vir vinnige lopies sorg.

  • Spanne:

Pretoria Capitals: Wayne Parnell, Anrich Nortjé, Migael Pretorius, Corbin Bosch, Rilee Rossouw, Shane Dadswell, William Jacks, Paul Stirling, Matthew Boast, Jimmy Neesham, Colin Ingram, Eathan Bosch, Senuran Muthusamy, Theunis de Bruyn, Adil Rashid, Kyle Verreynne, Daryn Dupavillon en Steve Stolk.

Joburg Super Kings: Faf du Plessis, Gerald Coetzee, Moeen Ali, David Wiese, Zahir Khan, Sam Cook, Leus du Plooy, Reeza Hendricks, Lizaad Williams, Nandré Burger, Donovan Ferreira, Aaron Phangiso, Bongumussa Makhanya, Kyle Simmonds, Wayne Madsen, Dayyaan Galiem, Romario Shepherd, Imran Tahir en Ronan Hermann.

Durban’s Super Giants: Keshav Maharaj, Quinton de Kock, Nicholas Pooran, Heinrich Klaasen, Reece Topley, Kyle Mayers, Naveen-ul-Haq, Dwaine Pretorius, Keemo Paul, Bhanuka Madushanka, Kyle Abbott, Junior Dala, Jon-Jon Smuts, Prenelan Subrayen, Matthew Breetzke, Wiaan Mulder, Jason Smith en Bryce Parsons.

Sunrisers Eastern Cape: Aiden Markram, Ottniel Baartman, Marco Jansen, Tristan Stubbs, Sisanda Magala, Adam Rossington, Brydon Carse, Sarel Erwee, Ayabulele Gqamane, Tom Abell, Jordan Hermann, Liam Dawson, Simon Harmer, Craig Overton, Temba Bavuma, Caleb Seleka, Beyers Swanepoel en Andile Simelane.

MI Cape Town: Rashid Khan, Kagiso Rabada, Rassie van der Dussen, Sam Curran, Jofra Archer, Olly Stone, George Linde, Beurarn Hendricks, Duan Jansen, Dewald Brevis, Ryan Rickelton, Grant Roelofsen, Delano Potgieter, Liam Livingstone, Tom Banton, Chris Benjamin, Nealan van Heerden, Thomas Kaber en Connor Esterhuizen.

Paarl Royals: David Miller, Evan Jones, Jason Roy, Wihan Lubbe, Andile Phehlukwayo, Ferisco Adams, Mitchell van Buuren, Dane Villas, Jos Buttler, Bjorn Fortuin, Codi Yusuf, Kwena Maphaka, Lungi Ngidi, Obed McCoy, Tabraiz Shamsi, Fabian Allen, John Turner, Lorcan Tucker en Lhuan-dré Pretorius.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.