Steeds geen plek vir Hendricks

Rohit Sharma en Temba Bavuma. Indië het die loot gewen en besluit om eerste in die laaste T20-kragmeting te boul. Foto: Twitter.

Temba Bavuma sal weer eens die kolfwerk saam met Quinton de Kock in die laaste T20-wedstryd teen Indië in Indore open.

Die beleërde Protea-kaptein is vir twee agtereenvolgende nulletjies in die reeks uitgehaal en daar is ʼn paar groot vraagtekens oor sy plek in die span.

Daarteenoor het Hendricks vier T20-vyftigtalle op ʼn streep teen Engeland en Ierland aangeteken en as spelpeil ʼn maatstaf was, sou hy beslis in die Protea-elftal gewees het.

Die Suid-Afrikaners kolf juis vandag eerste nadat Rohit Sharma die loot gewen het en besluit het om te boul.

Anrich Nortjé geniet ʼn blaaskans en Dwaine Pretorius staan sy skoene in die Suid-Afrikaanse span vol.

Indië het die eerste wedstryd met agt paaltjies gewen, waarna hulle Sondag ook die tweede mik-en-mokerwedstryd met 16 lopies beklink het.

Suid-Afrika: Temba Bavuma, Quinton de Kock, Rilee Rossouw, Aiden Markram, Tristan Stubbs, Dwaine Pretorius, Wayne Parnell, Keshav Maharaj, Kagiso Rabada en Lungi Ngidi.

Indië: Rohit Sharma, Rishabh Pant, Shreyas Iyer, Dinesh Karthik, Suryakumar Yadav, Axar Patel, Harshal Patel, Ravichandran Ashwin, Deepak Chahar, Umesh Yadav en Mohammed Siraj.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Frank ·

Kom ons sit dit in perspektief oor Bavuma, KSA.
3 wedstryde, 19 balle en 3 lopies. Ons praat natuurlik van T20 hierso, waar ELKE bal tel!!!!!!!!!!!!
Bavuma is vandag uit op 3 toe De Kock al op 27 getrek het. Saam geopen.

Leon ·

KSA sal met die DwergKwota volhard to hy dubbel syfers behaal het. Hy is ‘n verleentheid, al wat hy goed doen is om chappies te kou soos die Ausies.

RietMuskiet ·

Rassie sal weer tot sy redding kom, hy was mos ook die eerste een om saam met die BLM te smelt en kniel. Kom Rassie staan weer op vir Bavuma.

Manie ·

Ons het almal sedert dag1 geweet dat Bavuma nie geskik is vir 1 dag krieket nie, maar met Elgar as die toets kaptein, moes hulle eenvoudig ‘n swart kaptein in een van die formate vind. Sy mislukking in die kits formaat lê vierkantig voor die bestuur se deur.

Peter ·

Ek glo die kaptein verstaan waarom hy nie gekoop is op die onlangse auction nie, if you’re not good enough…you’re not good enough :)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.