
Wes-Indië se T20-span vandag in Auckland. Foto: Twitter.
Die Wes-Indiese Eilande en Nieu-Seeland se krieketspanne het die knie in steun van die Black Lives Matter-beweging (BLM) voor die eerste T20-kragmeting tussen die twee spanne in Auckland gebuig.
Volgens Stuff.co.nz het die Kiwi-kaptein, Tim Southee, gesê dat hy vooraf met die Windies-bestuur oor die plan van aksie vergader het. Daar is toe ooreengekom om die Eilandmanne op die veld te ondersteun.
Die Wes-Indiërs het vroeër die knie in die reeks teen Engeland gebuig en van hul spelers was ongelukkig omdat die gebaar sedertdien stoom op die internasionale verhoog verloor het.
“Reg oor die wêreld is BLM nie meer ’n kwessie van swart teen wit nie, maar eerder ’n geleentheid vir die mensdom om saam te kom en te besef dat almal gelyk behandel moet word,” het die legendariese Michael Holding gesê.
“Dit is iets wat ná aan die Windies se hart lê en dit is iets wat ons graag saam met ons eie Give Nothing to Racism-veldtog ondersteun,” het Southee uitgebrei.
Die voormalige Johannesburger Devon Conway het sy internasionale buiging vir die Nieu-Seelanders in die wedstryd gemaak.
Intussen word daar berig dat die Proteas steeds staande in vanaand se T20-wedstryd teen Engeland in Kaapstad sal bly. Die span het egter in ’n verklaring gesê dat die spelers teen enige vorm van rassisme gekant is.
“Die spelers verbind hulself om enige vorm van rassisme af te takel. Die voortdurende nalatenskap van rassegelykheid is egter ’n proses en nie ’n gebeurtenis nie.”
Mark Boucher, afrigter, het in ’n vorige onderhoud ook gesê dat inklusiwiteit en empatie waardes is wat daagliks uitgeleef moet word; dit is nie net iets wat af en toe deur ’n voorafbeplande gebaar op die veld gestalte moet kry nie.
Makhaya Ntini het egter die spelers se gesamentlike besluit gekritiseer om nie die knie te buig nie.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
11 Kommentare
Nou voel Michael Holding seker baie beter, siestog
BLM tsssk pffft dis ‘n skande!
Wie gee om of die Kwoteas vanaand gaan staan of kniebuig. Ek sal nooit n span ondersteun wat op grond van die Anc se rassistiese kwotabeleid gekies word nie.
watter grap almal van hulle.
Snaaks hoe mees bevoorregtes die grootste monde het oor hoe agtergeblewe hul is/was. Kyk maar na sokkerspelers, basketball spelers, krieket spelers, Springbok rugby span se kaptein, f1 wêreldkampioen asook protea krieket spelers. Hoekom sien jy nie mense wat in plakkershutte bly kniebuig langs die pad nie ? Politieke kommunistiese agenda agter blm.