WP beweeg nader aan titel

Tony de Zorzi. (Foto: X/DomesticCSA)

Die Westelike Provinsie se krieketspan het ʼn tree nader aan meerdaagse krieketglorie in Johannesburg gegee.

Die Kapenaars het die hef in die hand ná die tweede dag se spel teen die Lions.

Die besoekers het 312 lopies in antwoord op die tuisspan se eerstebeurttelling van 225 aangeteken en boonop kon hulle twee vinnige paaltjies net voor uitskeityd neem.

Tony de Zorzi (51 lopies), Daniel Smith (60 lopies) en Gavin Kaplan (60 lopies) het vyftigtalle geslaan, terwyl ʼn aggressiewe Edward Moore die bal aan die rol gesit het met 45 vinnige lopies.

Tshepo Moreki het egter met die bal vir die Lions uitgeblink en hy het gereeld paaltjies laat kantel om te sorg dat die Kapenaars se voorsprong nie té groot is nie.

Maar ná net agt boulbeurte het die tuisspan met sy telling op 10/2 gesteier; nog 77 lopies weg van die WP se telling.

Dane Paterson het weer eens vir ʼn kolfwerkkopseer gesorg.

  • Opsomming van die telkaart:

Lions 225/10 in 73 boulbeurte: Delano Potgieter 81, Wiaan Mulder 41 en Dane Paterson 5/31.

Westelike Provinsie 312/10 in 84,3 boulbeurte: Daniel Smith 60, Gavin Kaplan 60 en Tshepo Moreki 5/65.

Lions 10/2 in 8 boulbeurte: Dane Paterson 1/4.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.