Kyk hoeveel Springbokke het met pienk broeke begin!

Malcolm Marx is een van die Varsitybekersterre. (Foto GB Jordaan)

Die Varsitybeker is ’n kaleidoskoop van kleur, pret, musiek, buitensporige puntestelsels en hope adrenalien. Maar ten spyte van die slimkoppe se pogings om rugby so interessant as moontlik vir studente te maak, is daar een universele waarheid wat niemand kan miskyk nie. En dit is dat die formaat werk!

Deur die jare het die kompetisie al talle Springbokke opgelewer en www.varsitycup.co.za het hul Droomspringbokspan onlangs bekend gemaak.

Hier is die wêreldgehalte span:

15. Curwin Bosch (Universiteit van KwaZulu-Natal 2016)
14. Seabelo Senatla (Sentrale Universiteit vir Tegnologie 2012)
13. Juan de Jongh (Maties 2008)
12. Rohan Janse van Rensburg (Tukkies 2014)
11. Aphiwe Dyantyi (Universiteit van Johannesburg 2017)
10. Handré Pollard (Tukkies 2013)
9. Rudy Paige (Universiteit van Johannesburg 2011-2012)
8. Oupa Mohoje (Shimlas 2011-2014)
7. Nizaam Carr (Universiteit van Kaapstad 2011)
6. Jaco Kriel (Universiteit van Johannesburg 2012)
5. Franco Mostert (Tukkies 2010-2012)

Eben Etzebeth was ook ’n vuurvreterslot vir sy universiteitspan. (Foto: GB Jordaan)

4. Eben Etzebeth (Universiteit van Kaapstad 2011)
3. Vincent Koch (Tukkies 2012)
2. Malcolm Marx (Universiteit van Johannesburg 2014)
1. Trevor Nkayane (Sentrale Universiteit vir Tegnologie 2011-2012)

Die afskopbepalings vir 4 Februarie:

16:45: Universiteit van Johannesburg teen Pukke
18:30: Ikeys teen UWK
18:30: Tukkies teen SUT
19:00: Maties teen Wits

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.