Luister: Dis weer tyd vir ‘Agterblad’!

Foto: Verskaf.

Ná ʼn holderstebolder week van opskuddings en onverwagse wendings, waar die enigste voorspelbare die onvoorspelbare (en ʼn Bok-oorwinning) was, is die manne terug om jou op die hoogte van die jongste sportverwikkelinge te bring.

In “Van die blad af” word internasionale rugby-uitslae, F1-drama en breierskuiwe in die Engelse Premierliga bespreek.

In “Losskrum” word die betroubare Bokke se voorspelbare wenresep weer bespreek. Die wedstryd van die naweek – Ierland se begeesterde triomf oor die All Blacks – word ook kortliks gedek.

Anderkant die Tasman-seestraat word daar Doer Onder fees gevier ná Australië sy eerste T20-Wêreldbeker teen die Swartpette beklink het.

In ʼn resies so aksiebelaaid soos die res van die sportweek het Lewis Hamilton vir nog ʼn Super Sondag vir sy aanhangers gesorg.

Skakel gerus in by “Agterblad” elke Maandag!

  • Willem Rautenbach, Francois van Zyl, Alten du Plessis, Charl Eksteen en Hendré Cubitt is vyf sportliefhebbers wat mekaar as studente in Stellenbosch ontmoet het.

Hoewel hulle deesdae hulself op verskillende plekke in die land bevind, is hulle steeds gereed om oor elke drie, doel en grenshou te debatteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.