Luister na nóg ’n aksiebelaaide ‘Agterblad’-episode

Agterblad. Foto: Verskaf.

Ná nog ’n propvol sportweek (slegs af en toe deur beurtkrag onderbreek) vergader die manne om weer die opspraakwekkendste stories te ontleed.

In “Van die blad af” word die rugby-uitslae van die naweek gedeel, jy word op hoogte gehou van die jongste krieketverwikkelinge uit die Verenigde Arabiese Emirate en die Engelse Premierliga word bespreek – dit was maar nóg hartseer naweek vir Manchester United-ondersteuners.

In die “Losskrum”-insetsel word die Springboksege in ’n sopnat Cardiff teen Wallis ontleed, terwyl daar ook oor die Proteas se vertoning gepraat (en getreur) word.

Ná ’n moeilike naweek vir spanne in rooi het Max Verstappen darem in sy Red Bull-renmotor vir ’n vuurwerkvertoning met sy skittersege in Mexiko gesorg.

Dan word daar ook oor Frans Steyn se plek in die Springbokgeskiedenis gedebatteer en die “Agterblad”-span kies ook hul helde van die week.

Skakel gerus in by “Agterblad” elke Maandag!

  • Willem Rautenbach, Francois van Zyl, Alten du Plessis, Charl Eksteen en Hendré Cubitt is vyf sportliefhebbers wat mekaar as studente in Stellenbosch ontmoet het.

Hoewel hulle deesdae hulself op verskillende plekke in die land bevind, is hulle steeds gereed om oor elke drie, doel en grenshou te debatteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.