Netbal-wêreldbeker: ʼn Dag van pret vir die hele gesin

SPAR nooi netbal-aanhangers aan om op 6 Augustus by SuperSport Park in Centurion by hulle aan te sluit vir ʼn opwindende dag van ondersteuning en vieringe om die #SPARProteas aan te moedig op die laaste dag van die Netbal-wêreldbeker 2023. Die verrigtinge begin om 09:00.

Hierdie geleentheid sal ʼn onvergeetlike ervaring wees, vol energie en passie van plaaslike talent wat optree, sê SPAR.

“Kom saam met ander passievolle ondersteuners en word deel van die gelaaide atmosfeer. Geniet ʼn verskeidenheid kosstalletjies met smaaklike etes, opwindende weggee-geskenke, adrenalienjaende kompetisies en soveel meer. Hierdie dag gaan ʼn absolute fees wees!”

Moenie die optredes deur Demi Lee Moore, Loufi, Martin Bester Band, Lamieze Holworthy en DJ Thabiso Khambule misloop nie. Hulle gaan die verhoog aan die brand speel om hierdie geleentheid nog meer spesiaal maak.

Koop vandag jou kaartjies om seker te maak jy is deel van hierdie ongelooflike viering van sport en plaaslike talent.

Besoek https://netballworldcupfanpark.co.za/ of SuperSport Park elke dag van die week (tussen 10:00 en 18:00) en kry jou kaartjies voordat dit uitverkoop is!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.