All Blacks wil teen die Bokke hardloop

Die All Blacks se spanfoto. Foto: (AP Photo/Eugene Hoshiko)

Geen Sonny Bill Williams nie, geen Brodie Retallick nie, geen Ben Smith nie, geen Rieko Ioane nie.

Dit was die belangrikste besluite wat die All Black-keurders geneem het toe hulle die span gekies het vir Saterdag se kragmeting in die Wêreldbekertoernooi teen die Springbokke in Yokohama.

Die keurders, Steve Hansen, Ian Foster en Grant Fox, het hulle bed opgemaak en gaan daarin slaap.

Dis hoekom hulle volhou met Beauden Barrett op heelagter en Richie Mo’unga as losskakel as ʼn moontlike teenvoeter vir die Bokke se taktiese skopwerk (Faf de Klerk, Handré Pollard en Willie le Roux) en die opskietverdediging.

Hulle gaan soos die Crusaders speel, want dit is ook hoe die All Blacks al jare lank sukses behaal het.

Die twee aanvallende vleuels Sevu Reece en George Bridge het weer die jawoord gekry nadat Ioane sy peil verloor het en die ervare Smith (eintlik heelagter) nie meer veel bied wanneer hy vleuel moet speel nie, maar van die plaasvervangersbank af baie meer opsies bied.

Die senterkombinasie van Anton Lienert-Brown en Ryan Crotty, wat oortuig het in die opwarmtoets teen Tonga toe die All Blacks met 92 – 7 gewen het, is weer gekies.

Baie kenners het gedink dat Sonny Bill Williams teen die Bokke sou opdraf, maar hy is ook op die bank.

Retallick, wat ʼn hele paar weke gelede ʼn skouerbesering teen die Bokke in Wellington opgedoen het, is nie oorweeg nie en Scott Barrett, wat ʼn rooikaart teen die Wallabies in Perth gekry het vir ʼn gevaarlike skouerloop by ʼn losskrum, is weer Sam Whitelock se spanmaat.

Ondanks al die bespiegelings en praatjies, het die Kiwi’s nie daaraan gebyt nie en hul beste span gekies. Dalk reën dit, maar die All Blacks gaan hulle nie daaraan steur nie en hardloop.

Hulle wil die Bokke só klop, deur meer drieë te druk.

* All Blacks: Beauden Barrett, Sevu Reece, Anton Lienert-Brown, Ryan Crotty, George Bridge, Richie Mo’unga, Aaron Smith, Kieran Read (kaptein), Sam Cane, Ardie Savea, Scott Barrett, Sam Whitelock, Nepo Laulala, Dan Coles, Joe Moody. Plaasvervangers: Codie Taylor, Ofa Tuungafasi, Angus Ta’avoa, Patrick Tuipolito, Shannon Frizell, TJ Perenara, Sonny Bill Williams, Ben Smith.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Spiekeries ·

Baie goeie span!! Bikke sal moet keer! Met minder as 50% balbesit in die Bokke se vorige wedstryde, gaan die AB’s amok maak met 60% balbesit. Vervelig as hulle net die heeltyd gaan walgooi?

Frans C ·

Die Bokke se beste kans ooit om hul voorlangs vas te vat en die wedstryd daar te beklink.

Poot ·

Frans C.
Stem 100% saam jou. Die bokke het mos geleer dat die AB’s ook nie daarvan hou as daar in hul gesigte gespeel word nie.

Niklaas ·

Hier kom ‘n harde stryd. Maklik gaan dit nie wees vir die Bokke nie , maar daar is tog skrale kans dat Bokke kan wen. Ons hou duim vas vir ‘n wen.

Nico ·

AB’s werk baie aan hul dwars skoppies die laaste tyd, beste medisyne teen opskietverdediging. Met Beauden Barrett se spoed en vernuf op heelagter gaan hulle aanval begin in die spasie by Mapimpi.

Anoniem ·

Bokke wen met een tot sewe punte – Saterdag gaan die beste dag wees Go Bokke go ! Ons bid vir Julle

Anoniem ·

Ons in Suid- Afrika het dit baie nodig, net soos in 1995 !!!

Swanna ·

Anoniem jy laat my lag. Ek is bly jy is so optimusties. 95 was ‘n rook skerm vir dit wat ons vandag beleef. RAINBOW NATION wha ha ha ha ha

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.