Alun Wyn op Leeus se plaasvervangersbank

Alun Wyn Jones. Foto: Marty Melville/AFP Photo.

Warren Gatland het ’n sterk span vir die naweek se kragmeting teen die Stormers in Kaapstad gekies, met Alun Wyn Jones op die plaasvervangersbank.

Die 35-jarige Walliese slot het uitstekend herstel van sy skouerbesering wat hy vroeër teen Japan in die Leeus se opwarmingswedstryd opgedoen het. En, as alles volgens plan verloop, kan hy steeds die besoekers in die toetse teen die Springbokke aanvoer.

“Dit is ’n baie belangrike wedstryd omdat dit die afrigterspan se laaste kans is om die spelers in aksie te sien voordat die toetsreeks begin,” het die afrigter van die Britse en Ierse Leeus gesê.

Volgens Gatland was gisteraand se kragmeting teen die SA A-span ’n taai en fisieke stryd, maar sy span is gereeld om die Kapenaars op hul tuisveld te troef.

Duhan van der Merwe druk een van sy drieë teen die Haaie. Foto: Phill Magakoe/AFP.

“Ons het baie dinge wys geword ná Woensdag se wedstryd en om vooraf te verloor is nie altyd ’n slegte ding nie. Ons weet nou op watter terreine ons moet verbeter,” het Gatland gesê.

Die Suid-Afrikaans-gebore Duhan van der Merwe begin op linkervleuel vir die besoekers, terwyl die driedrukmasjien Josh Adams sy vleuelmaat is.

  • Die wedstryd begin Saterdag om 17:00 en sal regstreeks op SuperSport uitgesaai word.

Britse en Ierse Leeus: Stuart Hogg (heelagter en kaptein), Josh Adams (regtervleuel), Elliot Daly (buitesenter), Robbie Henshaw (binnesenter), Duhan van der Merwe (linkervleuel), Marcus Smith (losskakel), Ali Price (skrumskakel), Jack Conan (agtsteman), Hamish Watson (flank), Tadhg Beirne (flank), Jonny Hill (slot), Adam Beard (slot), Tadhg Furlong (stut), Luke Cowan-Dickie (haker) en Rory Sutherland (stut). Plaasvervangers: Jamie George, Mako Vunipola, Zander Fagerson, Alun Wyn Jones, Sam Simmonds, Gareth Davies, Chris Harris en Louis Rees-Zammit.

Stormers: Sergeal Petersen (heelagter), Seabelo Senatla (regtervleuel), Rikus Pretorius (buitesenter), Dan du Plessis (binnesenter), Edwill van der Merwe (linkervleuel), Tim Swiel (losskakel), Godlen Masimla (skrumskakel), Evan Roos (agtsteman), Johan du Toit (flank), Nama Xaba (flank), JD Schickerling (slot), Ernst van Rhyn (slot en kaptein), Neethling Fouché (stut), JJ Kotze (haker) en Leon Lyons (stut). Plaasvervangers: André-Hugo Venter, Kwenzo Blose, Sazi Sandi, Justin Basson, Marcel Theunissen, Thomas Bursey, Abner van Reenen, Juan de Jongh, Lee-Marvin Mazibuko, Niel Otto, Leolin Zas en Cornel Smit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.