André en Canan steek senterkleim af

André Esterhuizen probeer om vir Richie Mo’unga te stoomroller terwyl Canan Moodie gereed is vir aksie. (Foto: Adrian Dennis/AFP)

In André Esterhuizen en Canan Moodie het die Springbokke ʼn splinternuwe senterkombinasie teen die All Blacks op Twickenham uitgetoets. En die spelers het met vlieënde vaandels geslaag.

ʼn Vasbeslote Esterhuizen het juis in aanloop tot die Wêreldbeker-opwarmingswedstryd gesê dat die Springbokke niks sal terughou nie en dat hy self ook oorgehaal was om sy beste te gee.

Nou ja, die 29-jarige oudleerder van Hoërskool Klerksdorp het ʼn barshou in die Bok-oorwinning van 35 – 7 gespeel.

Hy het 91 m met die bal in die hand gevorder (die naasbeste poging ná Damian Willemse se 131 m), terwyl hy 12 duikslae uitgevoer het en drie verdedigers geklop het.

Esterhuizen was nie net ʼn stormram nie, maar het ook met ʼn paar slim lopies vorendag gekom om vir Jordie Barrett heeltemal te oorskadu. Gʼn wonder nie Sonny Bill Williams het sy spel op sosiale media uitgesonder.

Volgens die voormalige All Blacks-speler het die Springbokke die spel oorheers, terwyl Esterhuizen se spel saam met dié van Kurt-Lee Arendse en Manie Libbok beteken dat die Suid-Afrikaners gedugte teenstanders is.

Moodie word weliswaar grotendeels op vleuel deur die Springbok-bestuur en die Bulls ingespan, maar Willem Strauss (president van die Blou Bulle-rugbyunie) het ʼn skoolfoto van hom in ʼn no. 13-trui gedeel: Die 20-jarige speler het ongetwyfeld sy sentertande by Hoër Landbouskool Boland geslyp.

Die Paarl-boorling het net soos Esterhuizen 12 suksesvolle duikslae uitgevoer en selfs omgekeerde balbesit op Twickenham bewerkstellig.

Dit was ook ʼn jammerte dat sy zoep-zap-en-zirts-drie nie in die tweede helfte toegelaat is nie nadat hy met sy pypkanvaardighede en puik aanvoeling vir die spel die All Blacks-verdedigers na laerskoolspelers laat lyk het.

Damian de Allende, Jesse Kriel, Damian Willemse en nou ook Moodie kan almal vir ’n geleentheid baklei om een van die Bokke se sentertruie tydens die Wêreldbeker-toernooi oor die kop te trek. Tog het Esterhuizen vroeër die wedywering onder die spelers verwelkom.

“Daar heers ongetwyfeld gesonde kompetisie. Elke speler wil bitter graag in die opdrafspan wees en niemand rus op sy louere nie. Wanneer ons die Springbok-trui aantrek, speel ons vir die span,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

kragaap ·

Hul was brilliant, AB’s stukkend geduik. En Moodie kan toe verdedig né ? Hy is ‘n superstar van die toekoms. Senter, vleuel of dalk heelagter. Weer een van die beste spelers op die veld gewees.

Mnr De Beer ·

As Moodie aanhou so goed presteer soos hy nou die afgelope paar wedstryde gewys het wat hy kan doen, gaan hy baie ver kom in die Rugby wereld.

piet ·

Nie sleg nie maar die AB’s was absoluut power (en 14). Manie (100%) is die man wat die verskil maak daar agterlangs. Willemse man of the match maar kon net sowel Manie gewees het. Arendse is ‘n driedrukker van formaat maar aai sy verdediging. Sy opposisievleuel was glibberig en beter. My vleuels sal Mapimpi (was uitstekend) en Kolbe (beste vleuel te wereld) wees. Kaptein Kolisi stuur die troepe mooi in die regte rigting, wat ‘n ommekeer sedert sy terugkeer.

Mnr De Beer ·

Ek het eers begin sterk drink toe ek sien hoe Mbonambi beter kapteinskap toon as Kolisi in sy hele rugby loopbaan. Ek het gewonder hoekom lyk dit of Kolisi amper bakhand staan by die ref maar Mbonambi praat darem met die ref. Self toe Pieter Steph sy geelkaart ontvang het het Mbonambi gepraat. Ek mag verkeerd wees. Maar toe hulle vir Willemse man of the match aankondig, toe weet ek hier gaan drank my wen. Ek moet seker wegbly van drank af.

kragaap ·

Moodie se verdediging was van die beste op die veld as jy die detail gevlieg het sou jy sien Willemse het die duikslag gemis wat gelei het tot die die AB’s se enigste drie. Libbok het goed geskop. Kolbe is lankal nie nr1 nie Penaud is, en waarskynlik Moodie 2 de. Kaptein K ok gespeel, snaaks hoe selfs Kwagga beter as hy was op die veld. Ek stem saam met Mr. de Beer. Mbonambi was beter en meer “forceful” as kaptein.

piet ·

Moodie 2de, jy is regtig ‘n grapjas. LOL. Die outjie toon belofte maar moet nog leer tackle. Kolisi het nie sy gelyke in wereldrugby nie, as kaptein en speler. Kwakkies lyk net goed as hy teen min ouens speel en dit los raak. Andersins verdwyn hy heeltemal soos Van Staden. Kry vir Fourie om ‘n impak te maak na ons fantastiese kaptein ‘n wel verdiende ruskansie neem (ons weet sy bydrae in 40 minute is meer as kwakkies s’n in 3 wedstryde).

kragaap ·

Hoe kan ‘n speler teen “min ouens” speel elke span het 15 spelers behalwe vir rooi en geel kaarte. Jong al wie verdwyn na halftyd in kaptein K – bankie toe.

piet ·

Die kaptein EN helfte van die beginspan. Hulle noem dit mos die “bomb squad”, al die reserwes word ingespan en meeste van hulle vroeg in die 2de helfte soos Kolisi. So eintlik weet ek nie hoekom jy vashaak by Kolisi nie, dis hoe die Bokke speel. BAIE veranderings na rustyd..

Republikein in die Wes Kaap ·

Jou bewondering vir jou kaptein is roerend, dog kommerwekkend

Mnr De Beer ·

Esterhuizen en Moodie het nou net die naweek gewys hoekom hulle die senterkombinasie kan bemeester ver beter as Am en De Allende en Kriel.

Kobus ·

@Kragaap. Nee , verskil van jou. Moodie het twee maklike tackles gemis. Esterhuizen is ‘n yster.

piet ·

Stem (net soos hy ‘n paar keer misgetas het met die Walliese vleuel nou die dag) maar hy was okay andersins. Esterhuizen blyk op goeie vorm te wees, kan dalk vir De Allende vervang maar ek dink nie hulle gaan sommer aan die senterkombinasies nou peuter nie.

piet ·

De Allende is ‘n 12, Moodie is ‘n 13 (dis nogal heel verskillend as jy rugby ken). So Moodie moet met Kriel kompenteer en ek dink nie so nie (moet eers leer tackle vir een). De Allende sal oor Moodie hardloop, Moodie kan nie eers klein vleueltjies keer nie hoe gaan hy ‘n groot, sterk speler soos De Allende stop?

kragaap ·

Hy het die walliese vleuels en all black senters gestop. Dellende het die jaar nog oor niemand gehardloop nie. Jou klein vleueltjie is reeds nie meer die nr1 vleuel in die bokspan nie, Moodie en Arendse kan maklik die vleuels van keuse word, of Esterhuizen en Moodie die senters van keuse. Dellende en Kriel op die bankie.

piet ·

Beide Moodie en Arendse het die verdedigingsprobleempie. Jy’s verkeerd met die senterkiombinasie en definitief die vleuels. Mapimpi en Kolbe (beste vleuel ter wereld oral die wereld oor so gereken net jy dink nie so nie, LOL ) stap in die span in. Nou wil jy ouens kies wat nie eers behoorlik kan tackle nie, ai,ai,ai. As jy reken Kolbe is klein wat moet mens nou van Arendse dink (klein en lig in die broek)?

Leon ·

Esterhuizen is al vir lank my eerste keuse: hy kan beide stormloop en geleenthede skep / die bal uitgee, wat De Allende en Kriel nie noodwendig kan doen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.