Suid-Afrika het na ʼn gelykop eerste helfte in hulle laaste groepwedstryd teen Kanada die tweede helfte oorheers en eerste in groep B van Wêreldrugby se sewesreeks in Hongkong geëindig.
Die rustydtelling was 7-elk, maar die Blitsbokke het toe in die tweede helfte drie keer gaan druk om Kanada oortuigend met 26-7 te klop.
Hulle kom nou teen Nieu-Seeland te staan nadat die All Blacks in hulle laaste groepwedstryd met 17-14 deur Fidji geklop is.
Die Blitsbokke se drieë is gedruk deur Dylan Sage, Siviwe Soyizwapi, Ruan Nel en Cecil Afrika. Branco du Preez, Afrika en Selvyn Davids het drie keer verdoel.
Sondag se halfeindstryde –
04:58 – Australië vs Argentinië
05:20 – Fidji vs Kanada
05:42 – VSA vs Engeland
06:06 – Suid-Afrika vs Nieu-Seeland