Bokkaptein geniet Rugbykampioenskap-titel, maar…

Duane Vermeulen. (Foto: GB Jordaan).

Suid-Afrika sal hul Argentynse oorwinning en die gepaardgaande Rugbykampioenskap-titel geniet, maar Springbokkaptein Duane Vermeulen het die publiek gemaan en gesê dat dié seges net boustene vir 2019 se eintlike mikpunt is: Die Wêreldbeker-rugbytoernooi in Japan.

Die Bokke het Saterdag die Argentyne 46 – 13 oorrompel om hul eerste Suidelike Halfrond-trofee sedert 2009 te lig.

Vermeulen het egter gesê dat die Springbokke se voorbereidingswerk vir die internasionale skouspel nog vér van klaar is en dat daar nog baie skaafwerk voorlê.

“Ek dink die belangrikste was dat ons aan ons bestendigheid moes werk,” was Vermeulen se onmiddellike antwoord na afloop van Saterdag se spogvertoning.

“Ons het gedurende die toernooi hard gewerk om ons wedstrydplanne doeltreffend uit te voer en ons is tevrede met ons vertonings. Maar daar is nog ’n hele paar dinge waaraan ons kan skaaf.

“Dit is vrek lekker om met die titel huiswaarts te keer, maar op die ou einde is dit net ’n tree in die rigting van die Wêreldbeker.”

Die Bokke het hul Rugbykampioenskap-veldtog onoorwonne afgesluit en Vermeulen is maar net te bewus van die uitwerking wat ’n suksesvolle Springbokspan op Suid-Afrikaners het.

“Die sege is ’n baie goeie ding vir ons land, want ons weet dat wanneer die Springbokke presteer, almal in Suid-Afrika gelukkig is. Die belangrikste is om nou aan ons bestendigheid te werk met die fokus op die Wêreldbeker,” sê hy.

“Die All Blacks het ’n moeilike wedstryd agter die blad en hulle sal honger wees om met mening terug te baklei. Daarom sal ons baie hard vir 21 September [dié twee lande se eerste WB-wedstryd] moet voorberei. Maar ons is tans baie tevrede met ons spel.”

Die span sal vandag terug in Suid-Afrika wees en hulle speel Saterdag in hul laaste voorbereidingstoets teen Argentinië.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Dries ·

Mens kies die beste span., ongeag die kleur samestelling van die span en ongeag of hulle die bevolkingsprofiel weerspieel of nie.

Jimmy ·

Soos die Pumas nou skrum sal hulle ook swaar leef teen Japan, Fidji, Tonga en die VSA. Engeland en Ierland sal hulle vernietig.

Smirre ·

Bokke baie beter span oor afgelope drie wedstryde sonder vorige kaptein. Vermeulen is duidelik die beter leier. Stem saam net Faan.

kolla ·

Ons speel gelykop teen ‘n sukkelende AB span terwyl ons hulle verlede jaar daar geklop het toe Kolisi kaptein was. Dis die rede hoekom ons nou weer teruggesak het op die ranglys.

Poot ·

Joubert. Die kolla blaas stof op al wat n berig is oou rugby. En al wat hy te sê het is dat kolisi beter as Kwagga is. Dis hoe vêr sy rugby kennis strek.

Poot ·

Watcek eintlik sê oor kolla is dat jy jou nie veel aan hom moet steur nie.

witogie ·

Rassie, hou asb vir Duane as kaptein en los daai ander kwota-kaptein by die huis as julle die wereldbeker wil wen.

Joubert ·

Verder vermoed ek as Kolisi bo Duane as kaptein vir die wêreldbeker gekies gaan word sal ons daardie hoop ook maar moet laat vaar.

Keurder13 ·

Nou ja – watse span kies Rassie vir komende Saterdag? Watter spelers moet gerus word? Wie moet beskerm word teen beserings? Wie gaan ‘n finale kans kry om homself te bewys? Wie gaan “instaan Bokke” wees? Gaan die span meerendeels lyk soos die span wat Australie geklop het? Watse span gaan Argentinie stuur?

Is dit regtig nodig vir die wedstryd?

Henry ·

Stem allie pad met jou saam Keurder13.
Rassie se WB groep is sekerlik reeds gefinaliseer. Vermoed dat daar nie veel meer as die ‘normale’ paar honderd toeskouers op Loftus sal wees nie.

Joke! ·

Sterkste Springbokspan in jare met baie ondervinding in Marx ,Vermeulen, Beast,Trev,Kitshof,Etz,Mostert,Steph,Louw wat duidelik die fondamente le vir die agterlyn en met opwinde spelers soos Herchelle Jantjies en kolbe en kwagga,Am die lys gaan net aan en aan! Dank Vader met geen ander Jantjies in sig op loskakel nie kan die span dalk net die WB wen met n bietjie geluk..Magtig daar is groot name in die span of van hulle nou hired guns is of nie hul maak n helse verskil saam met die jonger plaaslike talent en n reserwe bank wat die All Blacks slapelooste nagte gaan begin gee..Die berig het iewers gese die Springbokke het die pumas se tande getrek maar na die eindtelling dink ek hul neute was ok daarby gepluk…Gaan n interesante WB wees…

Joke! ·

Oë ja jammer maar moet by se Pollard gaan van krag tot krag maklik Suid Afrika se beste loskakel en Vermeulen n baie baie goeie kaptein tien duisend maal beter as Kolisi maar iets se my nie lank en Kolisis lei al weer die Bokke tot die verderf toe…kyk maar hoe dinge dan weer agter uit gaan met Kolisis aan die stuur en met Elton op loskakel dan raai ons hoekom hulle dit die blues noem…

Poot ·

@Keurder13
Ek hoor wat jy sê of die wedstryd nodig is. Dit kan beserings veroorsaak voor die WB. Maar tog dink ek dis belangrik om nog n game te speel. Die manne se moraal is hoog en die momentum is goed. Nog n wen kan die bokke se selfvertroue goed doen voor die WB. Maar ja….. daarmee loop daar ook risikos.

Niklaas ·

Vermeulen was beslis n goeie kaptein en ek hoop hy word nie gou vervang nie. Kolisi is gewis nie die beste as speler of as kaptein. Rassie het nie n maklike paar besluite wat hy sal moet maak nie.

LHS ·

Eintlik lees mens maar baie min in hierdie afgelope reeks behalwe dat Australie en veral die All Blacks verseker nie hulle kaarte op die tafel oopgesprei het nie. Solank as wat die rugbymal Suid-Afrikaners hierdie siek politieke inmenging bly ondersteun en toejuig sal die beste 15 spelers nooit saamspeel nie en die massas jong talent wat oorsee gaan speel net aanhou en aanhou. Langtermyn gesien lyk die toekoms maar donker vir SA rugby.

Stephen ·

Politieke inmenging het die trots in SA sport finaal geknak. Ons het voorheen van Nam gevlieg om toetse in SA te gaan kyk. Daai dae verby.

PN ·

Stephen toe julle van Nam af gevlieg het, vir wie het julle kom kyk ? Kon eniege een die span gehaal het ?

Stephen ·

Kolla, Nam het slegs 2,5 miljoen inwoners en die ouens moet ver ry om slegs te oefen. Daar is geen diepte of oorvloed van spelers nie. Dis egter nie die punt nie.
Ek het geensins gese Nam het n goeie span nie, maar ten minste is ons trots op wat ons het. Soos met alles in ons land. (Namibiers passievolle mense en moenie ons goed kritseer nie!)
Politiek speel ook geen rol in ons sport soos in SA nie.
Ons huidige President was op n stadium die beskermheer van Nam rugby. Wanneer hy op n Saterdag by die stadion opgedaag het, (sonder lyfwagte) het die skare hom met
handeklap verwelkom. Wil dit nog van CR sien!!
PN jy is oningelig. Ja ons het op n stadium die Springbokke ondersteun en ons het graag gaan rugby kyk met groot wedstryde in SA. (Vliegtuie vol!!)

PN ·

Stephen lees stadig dan sal jy verstaan. Jy maak n stelling en ek vra n vraag daarop nou is ek oningelig.

kolla ·

Jy kan maar verskoninkies soek soos jy wil. Punt bly bestaan dat julle rugby nou BAIE swakker is as in die verlede. Pateties man. Genade, julle het selfs in die A-afdeling van die CB op ‘n stadium gespeel met kwaliteit spelers soos Stoop en Mans. Waar’s jull spelers van daai kaliber nou?

PN ·

Stephen lees stadig en probeer my vraag verstaan op die stelling wat jy gemaak het. Ek vra jou n vraag nou se jy ek is oningelig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.