Bokke jaag vierde wêreldtitel in Parys

Halfeindstryd-brekers: Handré Pollard en Ox Nche. (Foto: Twitter/Springbokke)

Die Springbokke en die All Blacks het elk reeds drie keer die Webb Ellis-trofee in hul roemryke rugbygeskiedenis omhoog gehou.

Die Suid-Afrikaners het in 1995 [teen die einste All Blacks], in 2007 [in die einste Frankryk] en in 2019 met die louere weggestap.

Daarteenoor het Nieu-Seeland die heel eerste toernooi in 1987 gewen, terwyl hulle ook twee keer op ʼn streep – in 2011 en 2015 – die wêreldkampioenspan was.

ʼn Tikkie geskiedenis is dus op die spel wanneer dié rugbyaartsvyande Saterdag in die eindstryd van die jongste weergawe van die uitkloptoernooi teen mekaar in Parys speel: Geen span het al vantevore in vier Wêreldbeker-toernooie die septer geswaai nie.

“Ons is baie opgewonde. As kinders het ons grootgeword terwyl ons na wedstryde tussen die All Blacks en Suid-Afrika op die radio luister. Dit is deel van die Springbokke en die All Blacks se rugbygeskiedenis en dit is ʼn spesiale geleentheid elke keer wat ons teen mekaar speel,” het Deon Davids gesê.

Die twee spanne het vanjaar reeds twee keer teen mekaar kragte gemeet: Die All Blacks het ʼn pak slae in Auckland uitgedeel, waarna die Bokke weerwraak op Twickenham geneem het.

Volgens Davids word ʼn Wêreldbeker-eindstryd egter nie deur ʼn geskiedenisles bepaal nie.

“In ʼn eindstryd dra vorige wedstryde nie veel gewig nie. Dit is ʼn splinternuwe wedstryd wat in nuwe omstandighede gespeel word terwyl die Webb Ellis-trofee op die spel is. Ons sal op ons heel beste moet wees.”

Uitslae:

Nieu-Seeland 44–6 Argentinië

Suid-Afrika 16–15 Engeland

Bepalings:

Vrydag om 21:00: Engeland teen Argentinië (bronsmedaljewedstryd)

Saterdag om 21:00: Suid-Afrika teen Nieu-Seeland (eindstryd)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Chrisp ·

Stem hy was briljant ek sal hom begin of baie vroeer opbring dit was nie sy eerste puik vertoning nie
.Kolisi en Willie sal ek geensins speel nie.

My 2 sent met my span wat dit nie gemaak het nie was die wedstryd tussen die proteas en rose ‘n puik wedstyd net jammer Farrell het so ‘n puik wedstryd gehad(ek kan die man nie hanteer nie).

JohanR ·

Beter ‘n paar vars bene in kry Jacques en Rassie. Die ouens was Saterdag tam. Canaan Moodie iewers in pas? Ek wonder ook waaneer laas Siya Kolisi 80 minute gespeel het?

Theresa ·

Hy hoort nie in die span nie, wanneer gaan die publiek dit besef?

Niklaas ·

Met al die geskop , het die meeste spelers maar gekyk na die rugbybal bo in die lug . ‘n Speler soos Jesse Kriel was nooit gesien met die bal in die hand nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Waarom het Engeland nie ‘n Erasmus kaart getrek nie. Sinclair kon na die tweede skrum verwyder word met ‘n “besering”. Daarna was die skrums non-contestant. Dan sou Engeland met hulle krag en vernuf gewen het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.