Britse en Ierse Leeus speel agt wedstryde in SA

Warren Gatland is die Britse en Ierse Leeus se afrigter vir 2021. Foto: ANA.

Die bepalings vir die Britse en Ierse Leeus se toer na Suid-Afrika in 2021 is bekend! Buiten die feit dat Brittanje se bestes agt wedstryde teen Suid-Afrikaanse teenstand gaan speel, is die moontlikheid ook daar dat die rekord vir die meeste toeskouers by ’n Leeustoets verbeter sal word.

Die eerste toets teen die Bokke is op 24 Julie 2021 op die FNB-stadion in Johannesburg. Wanneer dié stadion volgepak is, kan dit tot 88 000 toeskouers huisves – amper 4 000 meer as die rekord van 84 188 toeskouers vir ’n Leeustoets.

Dié rekord is in Sydney opgestel toe die Leeus teen die Wallabies in 2001 gespeel het.

Rassie Erasmus sien baie na die tweestryd uit.

“Daar is spelers wat by drie Wêreldbeker-rugbytoernooie in aksie was en hul loopbane op ’n hoogtepunt afgesluit het, tog het hulle nooit teen die Britse en Ierse Leeus gespeel nie,” het Erasmus gesê.

Die Leeus het al 13 keer na Suid-Afrika getoer – die eerste keer in 1891. In die 46 wedstryde tussen dié twee spanne het die Springbokke 23 toetse gewen en 17 verloor. Daar was ses gelykop-uitslae gewees.

  • Bepalings vir die 2021-toer:

3 Julie: Britse en Ierse Leeus teen Stormers in Kaapstad

7 Julie: Britse en Ierse Leeus teen SA Uitnodigingspan in Port Elizabeth

10 Julie: Britse en Ierse Leeus teen Sharks in Durban

14 Julie: Britse en Ierse Leeus teen SA A-span in Mbombela

17 Julie: Britse en Ierse Leeus teen Bulls op Loftus Vesfeld.

24 Julie: Britse en Ierse Leeus teen Springbokke op FNB-stadion

31 Julie: Britse en Ierse Leeus teen Springbokke op die Kaapstad-stadion

7 Augustus: Britse en Ierse Leeus teen Springbokke op Emirates Airline-park

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Paul ·

Van wanneer speel die bokke nou op vrydae toets wedstryde nl 7 Aug, 24 en 31 Julie

George in Bloem. ·

Ja,weereens soos nou onlangs ook met die beker toer deur die land. Snaaks genoeg is Vrystaat se spanne nog altyd tradisioneel een van die hardste neute vir die Britse Leeus om te kraak,selfs Willie John McBride se ysterspan van 1974 het klippe gekou in Bloemfontein se ou Vrystaat stadion met daai berugte toer.

Swartwolf ·

SARU is suur dat Vrystaat die CB kampioene is en die SR spanne pap gespeel het. B&IL sal goed moet speel om Vystaat op hul tuisveld te klop.

Werner ·

Die toets teen die Britse Leeus van 1955 op Ellispark het 92 000 toeskouers opgelewer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.