Bulle weet maar net hoe om te wen

Die Bulle se Cornal Hendricks. Foto: Twitter.

Ja, noem die Bulle maar ’n rugbyspelende Houdini of gebruik sêgoed soos om “’n haas uit die hoed te pluk”; maar die Pretorianers weet deesdae hoe om rugbywedstryde te wen.

Jake White se span het gisteraand op Loftus Versfeld die Stormers met 34 – 29 in ’n opwindende rugbywedstryd getroef.

Maar dit was die Kapenaars wat so byna-byna met die louere weggestap het toe Juarno Augustus in die 83ste minuut vir ’n moontlike wendrie oor die Bulle se doellyn geduik het.

Die enigste probleem was dat hy hoegenaamd nie die bal onder beheer gehad het nie en ’n sege op Loftus Versfeld het deur die Stormers se vingers geglip.

Voor al die doodsnikke-drama het Leolin Zas en Damian Willemse die tuisspan op die agtervoet geplaas, terwyl Kade Wolhuter weer eens genoeg gedoen het om sy ongetwyfelde potensiaal te onderstreep.

Tog het White ’n wenkultuur in Pretoria geskep. Selfs wanneer spelers nie veel wedstryde saam gespeel het nie, weet hulle maar net hoe om die wenwa deur die drif te trek.

  • Puntemakers:

Blou Bulle: Drieë: Strafdrie, Richard Kriel, Joe van Zyl, Marco Jansen van Vuren, Ruan Nortjé. Doelskoppe: Chris Smith (2). Strafskop: Morné Steyn.

Stormers: Drieë: Leolin Zas (2). Doelskoppe: Kade Wolhuter (2). Strafskoppe: Wolhuter (3) en Tim Swiel (2).

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

MakersMark ·

Presies, Bulle weet hoe om te wen selfs al het hul vrot gespeel. Opwindende maar eintlik swak wedstryd met baie foute aan albei kante. Bulle het Duane se spel en leierskap baie gemis asook Arno Botha se inklimspel. Ongelukkig werk Carr nie by die Bulle nie nog minder as kaptein. Hoe later en harder die spel hoe minder het hy gedoen. My laat dink amper aan die vorige WP kaptein. Baie bly Willemse kom nie Bulle toe nie. Maar hoe vrot was die weer probeer die 2 de helfte ? Strafskop na strafskop, toe siniese spel deur Nel en ‘n wel verdiende kaart en straf drie. Weer probeer se beste spel was laaste 2 minute maar toe kry trokkie ‘n pap wiel agter die doelyn en daar is hy – bye bye Gladis. En dis nou al Bulle 3 weer probeer 0 vir die seisoen.

MakersMark ·

Oor die algemeen beskou was dit ‘n fantastiese taktiese Bulle wen. Ten spyte dat die opposisie ver voor was halftyd het die bulle in die 2 de helfte vinnig ‘n groot genoeg voortou geneem, die druk was op die opposisie en hul het genoeg droog gemaak om die wedstryd te verloor.

Carel Aaron ·

Ek dink die bulle is grootbek oor die wen, maar eintlik het die Stormers die wedstryd verloor.
Ek lees van die strafdrie ook so ek sal nie so lawaai oor die wen nie. Met so n span moes hulle tenminste met 30 punte gewen het.

MakersMark ·

Die bulle is grootbek en met 100% rede. Die seisoen 3 uit 3 gewen teen WP en al die silwer ware op Loftus. En WP het die wedstryd verloor na hul rustyd voor was. En die bulle het genoeg druk op hul gesit om die wedstryd weg te smyt, soos hul in styl gedoen het. En die bulle is sonder vd Merwe, Vermeulen en Botha. So bul ondersteuners het alle rede om grootbek te bly. Waar bly wp…..wp bly stil.

MakersMark ·

Wen is ‘n wen soos oom Boy Louw gesê het “looks at the scoreboard”. Naas het gesê “cowboys don’t cry”. Ander dag is die bulle weer onder en ‘n ander span grootbek. So werk hy maar….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.