Bulls en Bulle bly by die ligblou-en-wit-tradisie vir 80ste verjaarsdag

Vyf Bulls-Bokke met die nuwe gedenktrui.

Die Blou Bulle Rugby-unie vier aanstaande jaar sy 80ste bestaansjaar, en die tradisie van die Ligbloues wat in 1938 met die span se ligblou en wit kleure ontstaan het, word gestand gedoen.

Of  in elk geval gedeeltelik gestand gedoen! Die meegaande foto wys bloot die ietwat helderder ligblou trui as dié van vroeër jare wat vir tuiswedstryde gedra sal word.

Maar wag totdat die spelers omdraai! Dan kom die wit ter sprake. Agter is die trui en die broeke albei wit.

Die nuwe trui sal vir die Bulls en Blou Bulle se spanne in Superrugby, die  Supersportreeks en die Curriebekerreeks gebruik word.

Al die spanne, waaronder die o.19s en -21s, sal met die spesiaal ontwerpte embleem speel wat die jaartal en die 80 jaar gedenk : 20180.

Die trui is deur die Bulls en Bulle se truivervaardiger Puma ontwerp en is reeds teen R799 beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Veritas ·

Ek het van al my Bulls truie, T -hemde, vlae ens ontslae geraak. Dalk sal ek hulle weer eendag ondersteun as hulle weer die kleure met trots kan dra. Tot dan ondersteun ek maar die Pumas.

Callie ·

vader weet hoekom sal ek nou so baie betaal vir n trui wat so goedkoop geword het.

Chrisjan ·

Nou het hulle sommer die Barbertonse Daisy ook weggevat!! Dis mos deel van hulle geskiedenis.

Bert Botha ·

Ek staan by die Bulle al gaan hulle deur ‘n moeilike seisoen. Integriteit beteken om getrou te wees deur dik en dun. Iemand wat nou al sy Bloubultruie en -vlae verkoop is ‘n mooiweersvriend en dink net aan sy eie belang. Ons het hulle in elkgeval nie nodig nie. Ek sal graag so trui wil bekom en bly steeds lojaal. Ons sal julle bly ondersteun totdat julle weer bo kom. Bulle BO.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.