Bulls se eie Thor is terug teen Stormers

Duane Vermeulen. Foto: GB Jordaan.

Die Bulls het in hul openingswedstryd die Stormers met 40-3 op Loftus Versfeld verrinneweer. Een van die Pretorianers se groot helde was hul Blitsbokvleuel, Rosco Speckman, wat twee drieë gedruk het. Hy is egter nie in die groep vir die span se Kaapse draai nie.

Hy speel Vrydagaand vir die Blou Bulle wanneer hulle Jimmy Stonehouse se Pumas in die SuperSport-uitdaagtoernooi aanvat.

Die Bulls kry egter hul eie Thor, Duane Vermeulen, terug. Die Springbok-hardebaard het ruskans teen die Reds gekry en hy sal slaggereed wees om die Bulls se Super-rekord op Nuweland te verbeter.

Die Pretorianers het laas in 2011 in Kaapstad gewen. Snaaks genoeg het Vermeulen toe nog vir die Stormers gespeel.

Rosco Speckman. Foto: GB Jordaan.

In ander nuus sal die span se gewilde vasskopstut, Trevor Nyakane, sy 100ste Super-wedstryd speel.

  • Afskoptyd is Saterdagmiddag om 15:05.

Bulls teen Stormers: Warrick Gelant (heelagter), Johnny Kotze (regtervleuel), Jesse Kriel (buitesenter), Burger Odendaal (binnesenter), Jade Stighling (linkervleuel), Handré Pollard (losskakel en kaptein), Ivan van Zyl (skrumskakel), Duane Vermeulen (agtsteman), Hanro Liebenberg (flank), Marco van Staden (flank), RG Snyman (slot), Jannes Kirsten (slot), Trevor Nyakane (stut), Jaco Visagie (haker), Lizo Gqoboka (stut). Plaasvervangers: Johan Grobbelaar, Simphiwe Matanzima, Wiehan Herbst, Thembelani Bholi, Paul Schoeman, Embrose Papier, Manie Libbok, Divan Rossouw.

Blou Bulle teen Pumas (Vrydagaand in Mbombela): Duncan Matthews (heelagter), Cornal Hendricks (regtervleuel), Dylan Sage (buitesenter), Erich Cronje (binnesenter), Rosko Specman (linkervleuel), JT Jackson (losskakel), Andre Warner (skrumskakel), Muller Uys (agtsteman), Adre Smit (flank), Ruan Steenkamp (flank en kaptein), Aston Fortuin (slot), Marius Verwey (slot), Mornay Smith (stut), Werner Fourie (haker) en Nqoba Mxoli (stut). Plaasvervangers: Joe van Zyl, Matthys Basson, Ruan Nortje, Stefan Smit, Theo Maree, Theo Boshoff, Travis Ismaiel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Gys ·

Wat is die rede waarom Rosco Speckman nie meer vir die Bulls- span gekies word nie?

Unknown ·

Gys, Rosco speel nie want hy speel Vrydag vir die game wat hulle teen die Pumas speel

LOL ·

Hoe lank moet ons nog van die 40-3 lees/hoor? Raak nou afgesaag. Was in elk geval met die hulp van Schalk Brits en Duane Vermeulen wat aan Bulls geleen is voor aftrede.

Bulls maak groot fout om nie Rosco Speckman te kies. Hy het meer talent en “flair” as al die Stormers en Bulls spelers .

Babertondaisy ·

Elke keer as die windjies opdraf dink ek aan 40-3 teen die bulle want dit was so lekker wedstryd om te aanskou. Die telling is die kersie op die koek. So dankie aan Maroela wat die telling weer noem.

LeefInVerlede ·

LOL, jy gaan nog lank daarvan lees. Onthou net die afgelope paar jare was Babertondaisy se koetjies telkemale aan die verloorkant teen die windjies (wat toe seker ‘n stormwind was). So toe was sy mondjie seker baie stilletjie gewees. So nou moet ons tot vervelens toe hoor oor die een verloortjie. Onthou net – Babertondaisy se nekkie is seer soos hy altyd terugkyk na vorige uitslae (wat hom pas). Hy kan nie objektief en sinvol oor huidige rugbysake praat nie. So is hy byvoorbeeld baie stil oor die afgelope 4 nederlae or verloortjies op Loftus Versveldjie.

Babertondaisy ·

Ou Leefindieverledetjie lyk my jou wereld raak al hoe kleiner hoe langer jy dink aan daai 40-3 want jy skryf al hoe meer in die verkleinende vorm. Maar die bulle het die Magtige windjies reeds 40-3 gemors. en hul ondersteuners hoef nie te spog met Super rugby bekers of wedstryde wat hulle nog eendag gaan wen nie. Hoeveel Super rugby titels het die windjies gewen selfs toe hulle soos volgende jou ‘n “stormwind” was. Kan jy dink hoe klein jou wereld gaan wees as die bulle Saterdag die windjies weer klap……??? Lyk my die stormwind is nou ‘n briesie.

H ·

Wel volgens hoe die bulle speel sal hulle Saterdag verloor hulle wen een en verloor een die laaste een het hulle gewen en hulle was nog n week af.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.