Curriebeker kry ook staanplek op Loftus

Foto: GB Jordaan.

Amper 100 minute.

Dít is hoe lank dit vandag geneem het om die nuwe Curriebeker-kampioen tussen die Blou Bulle en die Haaie op Loftus Versfeld te bepaal.

En ná Arno Botha se tweede drie van die eindstryd – nogal in die tweede helfte van bykomende tyd – brand die vreugdevure hoog in Pretoria nadat Duane Vermeulen se span die wedstryd met 26–19 gewen het. Die Bulle het dié voorreg in 2009 laas gesmaak.

Eintlik het die Bulle al in die 81ste minuut ’n gulde geleentheid om die kragmeting te wen deur hul vingers laat glip toe die plaasvervangerlosskakel, Chris Smith, ’n strafskop links verby die pale gejaag het.

Sou Morné Steyn daardie skop tussendeur die pale gejaag het?

Dalk.

Sit Jake White en sy afrigterskorps tans met die hande in die hare daaroor?

Beslis nie.

Curwin Bosch het met ’n hele paar stelskoppe skeef gekorrel. Foto: GB Jordaan.

Ja, as die Curriebeker soos die Oscars vir die beste wedstryd van die jaar uitgedeel is, dan sou hierdie kragmeting nie eens onder die benoemdes getel het nie. Maar wenrugby in ’n eindstryd smaak enige tyd soeter as vonkelwynrugby in ’n doodgewone groepfase-wedstryd.

Die Haaie het hulle egter goed van hul taak gekwyt en het in ’n stadium in die tweede helfte met 19–9 voorgeloop. Hulle het veral sterk by die afbreekpunte vertoon.

Maar Vermeulen het sy troepe eerstens aangemoedig om terug te veg, tóé ná die verboude strafskop aangemoedig en laastens saam met hulle feesgevier.

Twee bekers ná twee toernooie is glad nie te versmaai nie.

  • Puntemakers:

Blou Bulle: Drieë: Arno Botha (2). Doelskoppe: Morné Steyn en Chris Smith. Strafskoppe: Steyn (3) en Smith.

Haaie: Drie: S’bu Nkosi. Doelskoppe: Curwin Bosch. Strafskoppe: Bosch (4).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

MakersMark ·

Dit gaan goed met SA rugby as die Bulle kampioene is. En Arno Botha is terug op Loftus – wat ‘n yster. Die span van die kaap maak dit net nie. Kon nie eers die Sharks klop nie siestog. Beter dat hul die ou stadion ontruim soveel legendes daar gespeel dis nou net ‘n skande, bankrot unie en vrot leierskap op en af van die veld. Blou Bul eet nie van die vloer af nie.

N ·

Blou bul mentaliteit. Julle wen vir die eerste keer in 11 jaar weer die beker maar kritiseer n span wat nie eers gespeel het nie. Daai einste ‘bankrot en vrot’ span het die Currie cup al 10 keer meer as die bulle gewen.

MakersMark ·

Ons het beter van die magtige WP verwag maar verstaan nou dit staan eintlik vir weer probeer……

Piet ·

Ek is bly ek het nie moeite gedoen om hierdie gemors te kyk nie. Die Franse Top 14 wedstryd wat ek wel gekyk het, was kookwater en van hoogstaande gehalte. SA Rugby sal iets moet doen (ek weet nie wat nie) want die gehalte van ons plaaslike kompetisies is betreurenswaardig. Ek kan amper nie glo iemand kyk nog (en betaal nog) vir die gemors nie.

Piet ·

‘n SA rugby fan wat uiters bekommerd is oor die gehalte van ons rugby. Maar die swak gehalte pla jou blykbaar nie.

MakersMark ·

Nee die bokke is wêreldkampioene en die kaptein die beste speler en 6 flank ooit en gaan nog 20 jr bok kaptein bly so waarom pla die gehalte nou? Maar dalk as die ellendige province gespeel het was die gehalte beter ?

Nella ·

Nou hoe weet jy dit is gemors as jy nie eers gekyk het nie? Maar ek is bly die Bulle fasineer jou darem nog, die dat jy berugte oor hul lees.

MakersMark ·

Weer baie bolla hier so wat het province se home grown talent van skooltyd af met die beste kaptein ooit die seisoen reggekry ?

Axel ·

Die Blou Bul eet nie van die vloer af nie, nee hy dit gister bewys

Snowball ·

Baie Geluk aan die Bulle! Die uitslag bevestig net weer die waarde van ‘n gesoute afrigter en ‘n kaptein met leierskap!

Manie ·

Daar moet regtig iets aan die swak skeidregters gedoen word. Sulke swak blatante beslissings maak die spel onnodig seer en onaangenaam

Anti-Verkramp ·

Dit en ‘n paar verniet punte oorgedra van ‘n ander kompetisie. Hierdie jaar se CB-kompetisie was seker die mees omstrede en belaglikste een ooit. Die kwaliteit van spel en skeidsregters ook die swakste ooit. Geen span kan trots wees om die misbaksel van vanjaar se kompetisie te “wen” nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.