Engelse ‘diep teleurgestel’ oor Mbonambi-besluit

Bongi Mbonambi (Foto:
Jared Wright/X)

Die rugbybeheerliggaam in Engeland sê hy is “diep teleurgesteld” dat die klag van rassisme teen Bongi Mbonambi (32) afgehandel is en dat hy aan die Wêreldbeker-eindstryd gaan deelneem.

Mbonambi – die enigste spesialishaker in die Springbok-groep – het na bewering tydens die afgelope naweek se Wêreldbeker-halfeindstryd die Engelse voorspeler Tom Curry ʼn “white c**t” genoem.

Wêreldrugby het ʼn amptelike ondersoek na die beweerde voorval gelas en het Donderdagoggend aangekondig dat Mbonambi van geen oortreding aangekla word nie.

Maroela Media het vroeër berig die besluit volg nadat Wêreldrugby al die beskikbare bewyse, waaronder wedstrydmateriaal, oudio en bewyse van albei spanne, in ag geneem en vasgestel het dat daar onvoldoende bewyse is om met aanklagte voort te gaan. Die saak is gevolglik volgens Wêreldrugby as afgehandel beskou – tensy bykomende bewyse aan die lig kom.

Tom Curry (Foto: X)

Dié besluit het ʼn woedende reaksie by die beheerliggaam ontlok, wat beweer dat Mbonambi in November verlede jaar, in ʼn toetswedstryd ook teen Engeland, dieselfde rassistiese opmerking aan Curry gemaak het.

“Ons is diep teleurgesteld oor die besluit wat Wêreldrugby geneem het,” lui ʼn verklaring van die beheerliggaam.

“Die besluit om nie die bewyse voor ʼn onafhanklike dissiplinêre paneel te plaas nie, het Curry van die geleentheid ontneem om sy stem te laat hoor en om sy weergawe van hierdie ernstige gebeure onafhanklik te laat assesseer, tesame met die ander beskikbare bewyse.”

Jacques Nienaber, Springbok-hoofafrigter, het gesê die kwessie het hom en die span nie geraak nie.

“Ons is gelukkig in terme van die ondersteuning van ʼn regspan en almal wat agter die skerms gewerk het,” het hy Donderdag tydens die aankondiging van die Springbokspan gesê.

“Ons was in ons eie borrel. Ons het op rugby gefokus en dit [Mbonambi se saak] is in die agtergrond hanteer.”

Giftonge los op sosiale media

Die besluit was nie die enigste saak waaroor die beheerliggaam woedend was nie.

Curry, wat in 2019 in die Engelse span was wat teen Suid-Afrika in die Wêreldbeker-eindstryd verloor het, is oorval met “afbrekende en walglike kommentare” op sosiale media.

In hul volgehoue en volle ondersteuning van Curry, veroordeel die beheerliggaam saam met Engeland Rugby die mishandeling wat hy en sy gesin op sosialemediaplatforms moet verduur.

“Dít omdat hy die moed gehad het om onaanvaarbare gedrag te opper wat geen plek in die samelewing het nie,” sê die beheerliggaam.

“Mishandeling van enige aard is nie aanvaarbaar nie en druis in teen die kernwaardes van rugby.

“Dit is belangrik dat dit veilig en aanvaarbaar is vir almal wat by die rugbyunie betrokke is om kommer te opper. Ons gaan voort om almal aan te moedig om enige onaanvaarbare gedrag in die spel aan te meld.”

Curry, wat Vrydag in die Engelse span teen Argentinië sal speel, het ondersteuning van die Springbok-kaptein, Siya Kolisi, ontvang.

“Ek het vir hom ʼn boodskap gestuur,” het Kolisi op Donderdag se mediakonferensie gesê.

“Hy is iemand wat ek respekteer. Ek het hom laat weet ons ondersteun hom en ons dink aan hom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Jan ·

Wel, wat kons ons sê, in die vorige wedstryd was daar ook ‘n wit kant gewees. Wat verstaan die Engelse nie?

kragaap ·

Eerder diep teleurgesteld dat hul hul beste wedstryd in 2 jaar speel en teen die bokke verloor wat hul swakste wedstryd in 2 jaar gespeel het. Dit is die regte teleurstelling.

George ·

Dan kan ons ook se, dis teleurstellend dat hy mag speel vir bronze na lope van valse beskuldiging.

Kabous ·

Gaan na jou naaste boek winkel en koop die vertaling van Afrikaans na Engels, dan sal jy mooi verstaan wat beteken “Wit Kant” maar ek dink jy is naar omrede julle verloor het en nou soek jy “Tom Curry” n verskoning kry vir jou dit is verniet!!!

Snowball ·

Curry se foto sê alles. Die man lyk getap. Teen die Bokke is dit ‘n slagveld tussen daai 4 lyne.

Engeland wen gewoonlik die dag voor die wedstryd al – dis mos nou volgens hulle ondersteuners in die Pubs, so oor ‘n paar ‘pints’.
Mens kan dink hulle is teleurgesteld, hulle mannewales loop alweer uit op niks.
Geen simpatie met hom nie – wie winde saai sal storms oes. ‘n Lelike bom is gelos en nou sit hy met die skrapnel…

Samuel ·

Ek dink dit is suur druiwe. En Kolisi? Net nog ‘n kader wat iets wil sê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.