Geen bewyse teen Bongi ná Curry se ‘rasklag’

Bongi Mbonambi (Foto:
Jared Wright/X)

Suid-Afrika se staatmakerhaker, Bongi Mbonambi (32), wat die afgelope paar dae ʼn misbruikvlaag moes verduur nadat hy van ʼn rassistiese uitlating op die veld beskuldig is, word van geen oortreding aangekla nie.

Wêreldrugby het Donderdagoggend bevestig daar is “onvoldoende bewyse” teen dié Springbok en die saak word nou “as afgehandel beskou”.

Soos vroeër berig het Wêreldrugby ʼn amptelike ondersoek begin na ʼn klagte dat Mbonambi tydens die afgelope naweek se Wêreldbeker-halfeindstryd die Engelse voorspeler Tom Curry ʼn “white c**t” genoem het.

“Ná oorweging van al die beskikbare bewyse, waaronder wedstrydmateriaal, oudio en bewyse van albei spanne, het die beheerliggaam vasgestel dat daar in hierdie stadium onvoldoende bewyse is om voort te gaan met aanklagte.

“Daarom word die aangeleentheid as afgehandel beskou, tensy bykomende bewyse aan die lig kom,” het Wêreldrugby in ʼn verklaring gesê.

“Wêreldrugby het die bewerings hersien in die lig van ʼn verdere bewering wat onlangs na vore gekom het oor ʼn vorige wedstryd in die Autumn Nations-reeks in 2022. Wêreldrugby neem enige bewering van diskriminasie geweldig ernstig op en dit regverdig deeglike ondersoek.

“Dit is belangrik om daarop te let dat Wêreldrugby aanvaar dat Tom Curry die bewerings in goeie trou gemaak het, en dat daar geen aanduiding is dat dit doelbewus vals of kwaadwillig was nie.”

Wêreldrugby sê hy is ook bekommerd oor die misbruik op sosialemediaplatforms waaraan albei spelers vandeesweek onderwerp is.

“Daar is geen plek in rugby of die samelewing vir diskriminasie, misbruik of haatspraak nie, en Wêreldrugby moedig ondersteuners aan om die sport se waardes van respek, integriteit en solidariteit te omhels.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Suzette ·

Sal graag wil weet wat gaan gebeur met die dreigemente wat gemaak is teen Cobus Reinach. Ondersoek Wêreld rugby dit ook ernstig?

Jacques ·

Dink asb bietjie verder. Wat wil jy hê moet wereldrugby hieroor doen Suzette? Moet hulle vir Frankryk skors omdat een van hul ondersteuners hand uit ruk? WR kan niks aan internet trolle doen nie. Hierdie is ‘n polisie saak indien enigiets.

Nonnie ·

Geweet dis 1 GROOT LIEGSTORIE…Mooi so Bongi, nou kan jy met ‘n lekker hart jou KANT bring!!!!!

kragaap ·

Wat het rugby met politici uit te waai ? Help nie om toksiese politiek te gebruik om spelers wat hul beste gee vir hul land in ‘n slegte lig te stel nie. Swak styl.

Barney ·

Stem saam. Dis so afgesaag – politiek word in alles ingebring. Besef mense nie hoe skadelik hulle konstante negatiwiteit is nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Politici hier beheer ons lewens. Of jy daarvan hou of nie.

Theuns ·

Presies. Vergelyk wat met geen bewyse in RSA met spelers gebeur het en hoe dit oogeblaas en h anteer is. Iets klop nie

Manie ·

“Dit is belangrik om daarop te let dat Wêreldrugby aanvaar dat Tom Curry die bewerings in goeie trou gemaak het, en dat daar geen aanduiding is dat dit doelbewus vals of kwaadwillig was nie.” Hoe maak ‘n mens sulke bewerings in goeie trou???

George ·

Dit beteken net dat dit nie vervals is of net gemaak is om kwaadwillig te wees of iemand se naam te skend of te beswadder nie.

Sonblom ·

Wêreldrugby het hierdie saak ondersoek. Nie ons regering nie hoor.

Theuns ·

Presies. Vergelyk wat met geen bewyse in RSA met spelers gebeur het en hoe dit oogeblaas en h anteer is. Iets klop nie

Leona ·

Hoe lê mens n klag ter goeder trou en nie met, geen aanduiding is dat dit doelbewus vals of kwaadwillig was nie, af? Hoekom gaan kla jy dan? Regtig! Bongi, ons staan saam met jou! Klomp kinder twak en kop speletjies! Staan sterk bokke!

Janice ·

Curry behoort omverskoning te vra. Wat hy aan Bongi gedoen het is die uiterste vorm van minagting en rassisme.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.