Europese avontuur wink vir SA spanne

Foto: GB Jordaan.

Die Bulls, Lions, Sharks en Stormers se Europese avontuur begin binnekort met die bepalings van die Rainbow-beker se eerste drie rondes wat vandag bevestig is.

Die Suid-Afrikaners sal met ’n spul plaaslike derby-wedstryde begin wanneer die aksie in April afskop, maar hulle sal van die vierde ronde met Europese spanne te doen kry.

“Dit is opwindende nuus vir die vier franchise-spanne wat na Europa vertrek en ek is seker daarvan dat hulle gretig is om vir die nuwe uitdaging voor te berei,” het Jurie Roux, SA Rugby se uitvoerende hoof, gesê.

Europese spanne sal voorlopig weens die Covid-19-situasie nie na Suid-Afrika kan toer nie.

“Dit is hartseer dat die oorsese spanne voorlopig nie na Suid-Afrika kan kom nie, maar ’n mens moet na die groter prentjie kyk. Daar word planne vir ons spanne se wegwedstryde later in die reeks gemaak.”

Die aksie sal vir Suid-Afrikaanse spanne op 24 April afskop wanneer die Bulls teen die Lions speel, waarna die Stormers teen die Sharks sal kragte meet.

David Jordan, Pro 14-toernooi-direkteur, was dankbaar dat die aanvanklike bepalings uiteindelik bevestig is.

“Die beplanning van só ’n toernooi was ongetwyfeld ’n uitdaging. Ek glo egter dat ons met ’n oplossing vorendag gekom het wat nie net prakties en veilig is nie; maar terselfdertyd ook iets is waarna ondersteuners kan uitsien.”

Die Suid-Afrikaners se wegwedstryde sal later bevestig word.

  • Bepalings:

24 April:

Bulls teen Lions, Stormers teen Sharks, Ulster teen Connacht, Leinster teen Munster, Benetton teen Glasgow Warriors, Edinburgh teen Zebre, Ospreys teen Cardiff Blues en Dragons teen Scarletts.

1 Mei:

Stormers teen Bulls en Sharks teen Lions.

8 Mei:

Connacht teen Leinster, Munster teen Ulster, Zebre teen Benetton, Glasgow Warriors teen Edinburgh, Cardiff Blues teen Dragons, Scarlets teen Ospreys, Bulls teen Sharks en Stormers teen Lions.

15 Mei:

Munster teen Connacht, Leinster teen Ulster, Benetton teen Zebre, Edinburgh teen Glasgow Warriors, Scarlets teen Cardiff Blues en Dragons teen Ospreys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jack Russ1 ·

Eintlik teleurgesteld dat die eerste 3 rondtes net teen SA spanne is. Ten minste gaan die spanne darm vir ‘n doel speel. Hierdie preperation reeks kon hulle maar gelos het. Dit is meer ‘n getjommel op die veld as iets anders

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.