Farrell toets positief vir Covid-19

Owen Farrell en Eddie Jones. Foto: William West/AFP.

Owen Farrell, Engeland se rugbykaptein, het op die vooraand van die toets teen Tonga positief vir Covid-19 getoets.

Die 30-jarige speler sou as losskakel op Twickenham uitgedraf het. Hy het vandag se laaste oefensessie misgeloop en is sedert in self-isolasie.

Farrell sal egter weer later vandag getoets word en volgens Britse mediaberigte is daar selfs nog ’n moontlikheid dat hy môre in sy 100ste internasionale toets sal kan speel.

Indien die Saracens-speler steeds onbeskikbaar is, sal Engeland tussen Marcus Smith en George Furbank moet kies om sy skoene vol te staan.

Die talentvolle Smith sukkel egter met ’n besering, terwyl Furbank nog ’n groentjie op die internasionale verhoog is.

“Owen is in isolasie en ons volg die normale regulasies terwyl ons wag om te sien wat volgende gebeur. Almal in die groep sal weer getoets word en hopelik sal Owen gereed wees om te speel,” het Richard Cockerill (assistent-afrigter) gesê.

Benewens die Tonga-wedstryd sal Engeland in die komende weke ook vir Australië en Suid-Afrika op Twickenham gasheer speel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Foefie ·

So hy’t ‘n erge verkoue. So what. He’ll get over it. Derduisende mense oorleef die sogenaamde covid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.