FNB se warm Varsitybeker-aksie

Tukkies se kaptein, Marius Verwey, op die aanval vir sy span. Foto: GB Jordaan.

In die derde ronde van die FNB Varsitybeker het die Universiteit van Pretoria weer eens in die laaste minute van die wedstryd hul teenstanders se harte gebreek toe hulle die Universiteit van Johannesburg met 26 – 24 geklop het.

Lionel April het die wendrie vir die Pretorianers gedruk.

Puntemakers:

Tukkies: Drieë: Kabelo Mokoena, Theo Boshoff, Hanru Sirgel en Lionel April. Doelskoppe: Boshoff (3).

UJ: Drieë: Shaun Williams, Tatendaishe Mujawo en André Meyer. Doelskop: PW Steenkamp. Strafskop: Steenkamp.

  • Die Pukke het gisteraand hul eerste sege van die 2020-seisoen behaal toe hulle die Shimlas met 27 – 19 getroef het.

Puntemakers:

Pukke: Drieë: Eugene Hare, Danny du Plooy en Akhona Nela. Doelskoppe: Wihan von Wielligh (3). Strafskoppe: Von Wielligh (2).

Shimlas: Drieë: Strafdrie, Jacques Thyssen en Siyanda Cele.

  • In die Kaap het die Ikeys hul Wes-Kaapse derby teen die Universiteit van die Wes-Kaap met 31 – 28 gewen.

Puntemakers:

Ikeys: Drieë: Rayno Mapoe, David Meihuizen, James MacDonald, Cuan Hablutzel en Michael Brink. Doelskoppe: James Tedder (2).

UWK: Drieë: Gilroy Philander en Lundi Msenge (2). Doelskoppe: Keagan Fortune (2). Strafskop: Fortune.

  • Dan het die Universiteit Stellenbosch weer eens hul beste hardlooprugbyvoet voorgesit om die Sentrale Universiteit vir Tegnologie met 62 – 24 kaf te draf.

Die Maties se linkervleuel, Anton du Toit, het ’n driekuns behaal.

Puntemakers:

Maties: Drieë: Anton du Toit (3), Munier Hartzenberg (2), Strafdrie (2), Reinhardt Fortuin en Luciano Elias. Doelskoppe: Fortuin (2).

CUT: Drieë: Hardus Nel, Matthew Sekele, Rassie Breedt en Jan Kotze. Doelskoppe: Charles Williams (2).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Stefan ·

Hoekom sien ons nie meer die wedstryde op TV nie. Verlede jaar was daar elke Maandag 2 wedstryde op tv en nou net een?

Reni ·

Dit is ongelooflik dat die fotograaf GB Jordaan by elke wedstryd op die selfde tyd was well done lad!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.