Foto’s: Bloed, sweet en Stormers-vreugde

Foto: GB Jordaan.

Volgens Steven Kitshoff was gisteraand se sukses in die eindstryd van die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK) amper so soet soos die Wêreldbeker-triomf in 2019.

Die Stormers het die Bulls met 18 – 13 voor 31 000 toeskouers in die DHL-stadion geklop om die silwerware omhoog te hou. En die Stormers-kaptein meen dat die ondersteuners beslis hul rol goed in die tuisspan se suksesverhaal vertolk het.

“As ’n mens nou terugkyk het ons aanvanklik net na ’n topagtplek gekyk om vir die Europese Kampioenebeker te kwalifiseer. Maar [die oorwinning] is spesiaal; die ondersteuners was ongetwyfeld die ekstra speler op die veld. Daar het ’n wonderlike atmosfeer geheers en ek is baie dankbaar vir die span se ondersteuners,” het Kitshoff gesê.

Die 35-jarige Deon Fourie het in sy 100ste wedstryd vir die Stormers nie net ’n eindstryd saam met sy span gewen nie, maar hy is ook as die speler van die wedstryd aangewys.

Sy klipharde spel in die eerste helfte het onder meer gesorg dat die Bulls – wat toe beslis op die voorvoet was – nie enige telbordmomentum kon opbou nie.

Sommige ondersteuners het in die aanloop tot die eindstryd geglo dat die Kapenaars die buiteperdspan is, maar Jake White meen dat sulke praatjies sommer bog is.

“Die Stormers het vyf spelers wat destyds die Webb Ellis-trofee saam met die Springbokke gewen het, terwyl nege spelers deel van die Springbok-groep is. Terselfdertyd was ons 15de op die punteleer en het vyf uit ses wedstryde verloor.  Maar ons het ons kanse gehad en vanuit ’n rugbyoogpunt kan ek nie kla nie. Ons moes dinge beter afgerond het en ons het nie,” het die Bulls se direkteur van rugby gesê.

  • Maroela Media se GB Jordaan was daar om die aksie vas te vang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Kobus ·

Ek ondersteun nie een van die twee spanne nie maar weet verseker dat hier nog baie oor die skeidsregter geskryf gaan word.

Kobus ·

Piet, ek ken nie die reels goed genoeg om ‘n opinie te waag nie. Ek luister maar net na wat al die “kenners” sê. Ek is ‘n Cheetah ondersteuner.

piet ·

Die kenners was op die veld, die skeidsregter, lynskeidregters en TMO. En daar val die Cheetahs ook uit die bus uit, nie daai ene sien kom nie.

MakersMark ·

Stormers was 2 de helfte beter. Meer energie en het die wedstryd bietjie losgetorring en die Bulle se vaste patroon omver gegooi. Al wat my irriteer is die vorentoe aangee van die wenspan wat gemis is en roos wat doelyn toe kruip……hemel is die video ref blind ? Dit moes nie ‘n drie gewees het nie. Maar nou ja Stormers het gewen en ons sê geluk.

Manie ·

Het Roos op sy kniëe gekruip (onwettig) of op sy kniëe beland en toe uitgestrek (wettig) om die drie te druk?

piet ·

Manie, ek het mooi gekyk. Hy het afgegaan en sy linkerknie het die grond eerste geraak, sy regterknie het ook die grond geraak terwyl hy in die proses was om uit te strek en die bal te plaas. Niks verkeerd daarmee nie, hy het dadelik ‘n poging aangewend om die bal te plaas toe sy linkerknie die grond geraak het. Korrekte beslissing. Jantjies se aangee, is wat jy sou noem, ‘n “flat pass”. Die tv skerm kan ‘n persepsie skep dat dit vorentoe was (die skoot is van agter). Onthou ook die skrumskakel gee die bal uit vanaf ‘n statiese posisie terwyl die aanvaller met spoed aankom en die bal vang, dit kan die illusie skep dat die bal vorentoe gaan weens die spoed van die speler wat die bal vang. Punt is die skeidsregter en lynregter was in lyn en in die beste posisie om te oordeel.

MakersMark ·

Piet alhoewel ons verskillende spanne lokaal ondersteun is ons albei groot bok ondersteuners. Vra jouself die vraag as England so drie teen die bokke gedruk het jy nog sou sê dis ‘n wettige drie ?. Sy knieë het die grond geraak en hy het ten minste 2 m vorentoe “propell” op sy knieë voor hy gestrek het en die bal geplaas het.

piet ·

Ja. Die reel is dat jy die bal onmiddellik moet plaas wanneer jy grond toe gaan. Dit sluit in om jou liggaam vorentoe te strek (arms ook as dit nodig is). Dis wat hy gedoen het. Toe sy linkerknie die grond raak het hy onmiddellik vorentoe gestrek en die bal geplaas in EEN BEWEGING. Sy regterknie het TYDENS (gedurende) die strek vorentoe ook die grond geraak. Wettige drie soos deur die skeidsregter en TMO ook beaam. Geen twyfel by my nie.

MakersMark ·

Lees ander artikel elders op MM. Dink nie jou opinie is korrek nie. Maar vir elke Stormer ondersteuner is dit. Wat as dit anders om was? Maar nou ja dis gedane sake. Geluk Stormers (en die ref).

Fran ·

Geluk aan die Stormers maar hierdie skeidsregter was regtig nie goed nie. Weet nie hoe hulle steeds wegkom met swak beslissings nie. Was nie ‘n regverdige stryd nie.

piet ·

Stormers, jou lekker ding. Die flou nulle unie moet maar nog koop (meer spelers, meer afrigters). 3 – zip. Dis jammer dit was nat, ek dink die Stormers sou hulle stukkend gehardloop het in die 2de helfte, flou nulle se go was uit..

piet ·

Die nulle se trofeekas waarmee hulle so gespog het, het nou vinnig leeg geraak. Getrap deur Griekwas ook sommer op hul tuisveld. Goodbye Curriebeker.

MakersMark ·

Stompies 2 des dink ek het onder die laaste twee in die CB geeindig…..Bulle 2 des was in semifinal van CB en final van die URC. En Ierland (Leinster) in hul eie land geklop. Dink nie die Stompies 1 stes sou dit regkry nie met die ref van Saterdag wat hul help…..

piet ·

Die enigste rede hoekom die nulle beter gevaar het as die ander toetsunies in die CB is omdat hulle van hulle VRK spelers in sommige CB wedstryde gebruik het. Dit het ‘n wanindruk geskep van hulle kamma diepte soos ons duidelik gesien het hoe hulle verneder is in die afgelope 2 wedstryde sonder die VRK spelers. Ek dink hulle sou laaste geeindig het as hulle nie hulle VRK spelers gebruik het nie want hierdie tellings is groot pakslae. Verlede week was dit amper 50 teen.

Afriperd ·

Baie geluk Stormers, elke keer as die bulle verloor kom daar verskonings uit. Vat net die verloor soos n man. Julle koop al julle spelers en dit gaan nooit n span maak nie. Al die geld, maar kan nogsteeds nie iets wen nie.

piet ·

Die probleem met die nulle supporters is dat hulle vreeslik verwaand raak wanneer hulle wen maar swak verloorders wanneer hulle verloor. Spog hoe hulle die SA rugby-toneel oorheers, vertoonkas vol bekers, la, la ,la. En nou? Hier het hulle nou 3-keer vanjaar teen die Stormers in die reeks verloor en moan steeds.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.