Foto’s: Bulls ryg die drieë teen Tukkies in

Dis nou nie teen ’n Superspan nie, maar die Bulls lyk goed op die aanval. (Foto: GB Jordaan)

’n Dag nadat die Sharks met 31-26 teen die Pukke verloor het, het die Bulls se Superrugbyspanne gewys dat hulle oor meer rugbykennis as Tukkies beskik.

Die Bulls het twee opwarmingswedstryde teen die plaaslike universiteitspanne gespeel en behóórlik die drieë ingeryg.

In die eerste wedstryd het hulle ses drieë gedruk, waarvan Johnny Kotze vir twee verantwoordelik was, om uiteindelik met 40-0 te wen.

In die daaropvolgende kragmeting het hulle die krane oopgedraai om met 96-5 te wen. Boonop is die wedstryd ’n paar minute te vroeg stopgesit.

Die Pretoriase Superspan het 13 drieë gedruk. Jaco Visagie, Jeandré Rudolph, Jade Stighling en Franco Naude het twee drieë elk gedruk. Dylan Sage, Gerhard Steenkamp, Josh Strauss en Jay-Cee Nel het vir die ander drieë gesorg.

  • In Durban het ’n Sharks-span – wat uit o.19- en o.21-spelers bestaan – met 31-26 teen die Pukke verloor.

In die tweede opwarmingswedstryd het die Durbanse Superspan vir Rusland met 64-14 geklop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Naas ·

Hou maar vir Morne Steyn op die bank as julle suksesvol wil wees vanjaar.

Handre ·

Morne is tonne beter as die ander huidige losskakels by die bulle!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.