Foto’s: Pure Bul-plesier op Loftus

Cornal Hendricks duik oor vir die Blou Bulle se sesde drie. Foto: GB Jordaan.

Die Blou Bulle het gister op Loftus Versfeld amok teen die Haaie in die Curriebeker-eindstryd gemaak.

Jake White se span het die kragmeting met 44 – 10 gewen om die Curriebeker vir die tweede agtereenvolgende keer omhoog te hou.

Die Pretorianers het ses drieë in die wedstryd gedruk en spelers soos Chris Smith en Elrigh Louw het ’n barshou gespeel.

GB Jordaan was daar om die aksie vas te vang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

MakersMark ·

Mooi foto’s en al was daar nie ondersteuners op Loftus nie was Loftus lanklaas so blou!! Luister maar weer nie Steve se bloubul……

Cecilia ·

Ja d SHARKS kan nie eers d BLIUBUL ondersteuners blameer vir hulle verloor nie.

MakersMark ·

Die kolonie ondersteuners blameer die bokke dat hul nie in die finaal is nie…..praat nie van die finaal wen nie.

Cecilia ·

Ja kyk d BLOUBUL eet nie vd vloer af nie. Hy gebruik n SHARK om daai vloer te vee!
Jammer SHARKS maar jul was futloos. Geen woema tydens asnvalle nie en swak lakwerk het julle absoluut d Game gekos.

Kokkie ·

Sedert Jake White die leisels by die Blou Bulle oorgeneem het, is ek ook ‘n BB- ondersteuner. Kom ons wees eerlik: soos die Bulle Saterdag gespeel het, kan die Bokke by hulle gaan leer. Jake vir prez en Bok-afrigter!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.