Foto’s: Springbokke in aksie!

Die Springbokke het hul eerste wedstryd in die Rugbykampioenskap-toernooi gewen. Foto: Hansie Linde.

Daar was dalk steeds te veel skoppe, terwyl een of twee spelers nie so goed vertoon het nie, maar die Springbokke het nietemin hul eerste Rugbykampioenskap-kragmeting teen Argentinië met 32 – 12 gewen.

Die Suid-Afrikaners speel volgende naweek weer teen die Argentyne, waarna hulle op hul Australiese avontuur vertrek.

Hansie Linde was gister daar om die aksie vas te vang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.