Franse ongetwyfeld ’n gevaar in 2023

Frankryk se Antoine Dupont. Foto: Franck Fife/AFP.

Frankryk se rugbyspan is op die oorlogpad.

Antoine Dupont-hulle is nie net op koers om vanjaar se Sesnasies-titel in die oes nie, maar hulle is ongetwyfeld ook een van die gunstelingspanne (dalk selfs dié gunsteling) om die Webb Ellis-trofee omhoog te hou. Die 2023-Wêreldbekertoernooi word juis in Frankryk aangebied.

Die Fransmanne se derde agtereenvolgende oorwinning in Europa se internasionale rugbykompetisie – dié keer het hulle vir Skotland met 36 – 17 op Murrayfield geklop – beteken dat hulle vir Engeland uit sy stoel op die wêreldranglys geskop het.

Frankryk is nou die derde beste rugbyspan ter wêreld, terwyl die Rose in die vierde plek is.

Volgens Wêreldrugby swaai die Springbokke egter steeds die septer, gevolg deur Nieu-Seeland.

Die Suid-Afrikaners het in 2021 agt van hul 13 toetse gewen en hulle het veral met hul vertonings teen die Britse en Ierse Leeus, sowel as in die tweede Rugbykampioenskap-kragmeting teen die All Blacks beïndruk.

Hul internasionale seisoen begin amptelik op 2 Julie met drie toetse teen Wallis, waarna die Rugbykampioenskap afskop.

“Dit is van kardinale belang dat ons teen topspanne ter voorbereiding van die komende Wêreldbeker-toernooi in Frankryk speel,” het Jacques Nienaber (afrigter) gesê.

  • Wêreldrugby se jongste ranglys (28 Februarie 2022):
  1. Suid-Afrika: 90,61 punte
  2. Nieu-Seeland: 88,75 punte
  3. Frankryk 87,84 punte
  4. Engeland: 86,92 punte
  5. Ierland 86 punte
  6. Australië: 83,92 punte
  7. Wallis 81,99 punte
  8. Skotland: 81,87 punte
  9. Argentinië: 80,58 punte
  10. Japan: 78,26 punte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hennie Biebouw ·

Die Franse speel baie dieselfde as die All Blacks. Daar ‘s altyd ‘n magdom vorspelers wat voor die agterlyn draf en basies obstruksie pleeg deur verdedigers te vertraag, en om die bewegings wat die agterlyn uitvoer te skut. Maar heelaas ja. op huidige vorm gaan hul beslis ‘n faktor wees.

N ·

Lekker om n span te hê sonder kwota, rasse en politieke inmenging. Net die beste spelers.

Boer ·

Rasie het n plan om die Franse te stop. ‘Hy het die Move’

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.