Ja, Allister, ja …

Allister Coetzee in ‘n goeie luim in Kaapstad. (Foto: Hando Jikelo/ANA pictures)

Praat, praat, praat … met die gewone weerspreking of twee daarby ingesluit.

Dit is wat ʼn mens kan put uit Allister Coetzee se aanhalings teenoor die media, soos dit in Reuters weergee word en  wat op africannewsagency.com (ANA) gepubliseer is.

ʼn Mens sê nooit ‘nooit’ nie, maar Allister Coetzee se voortgesette vergelyking tussen die ‘sterk Wallabyspan’ waarteen hy sê die Bokke ongelukkig was om te verloor, en die werklikheid van die All Blacks se gehalte, is mos nie realisties nie?

”Die Springbokke het sake omgekeer,” sê Coetzee. “Die 57-0-neerlaag is lankal uit ons sisteem. Ons het dit bewys teen ʼn fantastiese Wallabyspan teen wie ons moes gewen het.

“Dit is vir ons belangrik om goed te begin en die sleutel is hoe jou sleutelspelers die wedstryd bestuur. Ons moet by die vaste fasette goed wees en die mini-stryde op die veld wen,” het hy volgens Reuters by ʼn mediakonferensie in Kaapstad gesê. “Om teen die All Blacks te speel is altyd ʼn lekker uitdaging. Hulle is ʼn goedgeoliede masjien en alles wat hulle doen is afgerond en skerp.”

Dan neem Coetzee ʼn treetjie terug wanneer hy sê die Bokke se doelwit is bloot om te verbeter. Dit gaan oor die proses. “Ons fokus moet op die proses wees, nie op die uitslag nie.”

♦ Sal die rugbyondersteuners dáármee tevrede wees? Dis tog sekerlik die uitslag wat tel? Dit is mos te verskriklik om te dink dit sal nie saak maak as hulle nie op daardie 57-0 pak slae verbeter nie, maar die proses was reg?

♦ En sal die ondersteuners glo hierdie was ʼn ‘fantastiese Wallabyspan’ teen wie die Bokke weer gelykop gespeel het?

♦ Is die wen van die mini-stryde moontlik? Teen die All Blacks? Dit is immers waaroor die spel gaan en waarna in elke wedstryd gemik moet word – en waarmee hulle so goed is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

frikkie ·

ja 23 23 . toe loessing toe 27 27 , presies dieselfde gelykop teen selfde span met eweveel driee en doel en strafskoppe .

DR ·

Onthou net Brendon, jy word betaal vir jou werk ons die ondersteuning soek resultate,, nie verskonings

Chris ·

Almal weet wat die werklike oorsaak van die Springbokke se pogings is. Ek wil nie daaroor derms ryg nie. Dit is al genoeg gedoen. Wat my dwars in die krop steek is die voortdurende arrogansie van die SARU bestuur en trawante. Ek praat nie eers van die totale onkunde van die politici nie. Besef die mense nie dat die spel nie meer amateur is nie. Dit gaan oor prestasie. As jy in ‘n werk situasie nie kan presteer nie, is dit weg met jou. Maar nou ja, ons sit met die situasie en die spelers kiss nie hulself nie. As ek in daardie situasie was sou ek oorsee gaan speel het.

rollie ·

Ons “beste” spelers (wie dit ookal is) sal nie die AB’s klop nie. Dis duidelik dat hul vaardighede baie beter is, van skolevlak op, deur superrugby tot toetsrugby. Hulle is net beter. Ons behoort egter die Wallabies in SA te klop (in Australie is dit maar altyd ‘n gesukkel, selfs met ons vorige goeie spanne).

Dereck Le Roux. ·

‘n Gelykopuitslag is niksseggend, jy het nou wel nie verloor nie maar jy het ook nie gewen nie, soos jou kanse was om die wedstryd te kon wen so was ook jou opposisie se kans om te wen, dis maar asof daardie wedstryd nooit plaasgevind het nie en daar is niks daaruit te leer nie behalwe die verskonings dat die nasionale span by die kruispad is en nugter alleen weet wanneer hulle daar wil padgee.

rollie ·

Ek dink hy moet eerder stilbly. Dis ongelukkig so dat ons spelers tans nie goed genoeg is om die AB’S te klop nie (kom al ‘n langpad aan, nog van voor AC). Maak ook nie saak wie die afrigter is nie, ons het nie tans die gehalte spelers om hulle te troef nie. Dis hartseer maar ongelukkig ‘n werklikheid. Die verskil in vaardighede is daar vir almal om te sien.

Ben ·

Ek stem Rollie en verder het ons ook nie die afrigter om die spelers wat ons het af te rig nie.Dit sal Saterdag op Nuweland weer lyk of die All Blacks op n tuisveld speel en al wat dit sal verander is dat die Springbokke weer n krag in wereldrugby word.

CdV ·

Klink my Coetzee & Kie maak ook Bell Pottinger gebruik. Kry hulle nie skaam om so te lieg nie???

Koos ·

Op tuisbodem is ‘n gelykop uitslag net so sleg soos ‘n verloor. Toetie Coetzee is totaal verwyder van enige realisme om die werklike impak van die Springbokke se uitslae sedert hy as afrigter oorgeneem het te begryp.

Jj ·

Los AC uit. Julle weet tog dat mens nie met gekke en dwase kan redeneer nie. Hy is n pion, net soos BV, wat slegs bevele uitvoer. Almal van ons weet wat is die werklike rede vir die bokkies se powere pogings.
Ondersteun NZ, dan weet jy minstens dat jy n span ondersteun waar die spelers op meriete in die span is.
Dis maar my 2c in die emmer.

willie ·

Toetie laat my verlang na Snorre, terminste was sy opmerkings en oorsig komies!

Edward ·

Soos als in die lewe het eugby nou gestagneer. Die oemf is uit die passiw weg . Polities korrek in , agendas seevier. Sport bly sport some you win some you loose. So ons kan niks daaraan doen nie . Ek hoor krete soos moenie die game ondersteun nie . Stadion het genoeg voete en tv kyk hoog. Ek kyk nie meer nie het beter goed om te doen

Nee wat! ·

Bwaaahahaahaa ha…
bloot Te verbeter ne! Goeie aspekte uit n rekord nederlaag ne!!!! Venter reken ons mag nie kritiseer as die boerbokke nie presteer nie ne!
Hoekom nogal nie Venter verduidelik asb
? Kyk ek dink regtig die hele afrigter en admin lot is uit hul diepte en erg arrogant!
Dit terwyl hul lekker vet skep op die ondersteuners se omkostes! Hoe is dit as ek nie my werk reg doen word ek gepos en die hele lot van bo tot onder, Saru tot die spelers kan maar droogmaak en nie presteer nie en dan daarvoor goeie geld betaal word!!???? Huh???
Wat my nog meer knorrig maak is die patetiese verskonings en arrogante stellings wat hul elke keer maak! Maar soos hul se as Jy n leun lank genoeg vertel begin Jy dit glo!!! Ek dink net nie Ac en venter besef dat die publiek nie so dom is soos wat hul dink nie!! Dit is Meer n geval van die ondersteuners moet dit maar net vreet,of blyk dit my dink die lot!! Weet dit ek gee jul nie n DOOIE SENT NIE,totdat jul weer op meriete kies nie,dit sluit afrigters ook in……ek Koop nie n nuwe bok trui,nie ek kyk nie meer na hul getjommel nie,ek ondersteun hul die boerbokke nie meer nie,sorry..
Ac en venter sorry boys jul is clueless….

Avokado ·

So, as die Bokke Saterdag met minder as 57 punte verloor het ons rede om tevrede te wees.

sak ·

Allister, jy is die Springbok afrigter….9 uit 20 is pateties, onaanvaarbaar…het jy geen
trots…?? Vee asb daai glimlag van jou bakkies af en neem verantwoordelikheid…

Gatvol ·

Toe die geleentheid daar was om Mitchell nader te trek,toe speel ons alewige politiek weer n rol. Sy hardekwas houding is net wat ons nodig het. Die spelers word te gou Springbok en weet hulle word opgepiep.

Bok! ·

Dis darm maar goed dat daar nie Saffas is wat die red sox ondersteun nie, 108jaar sonder title. Saffas moan oor alles, “eks klaar met die bokke” – verbrand selfs hul truie, maar sodra die bokke weer wen, dan skielik het hulle nooit so aangegaan soos n 3jarige nie. Word groot.

Sjo! ·

Gaan speel met jou speelgoed ou boerBOK! man die is n gesprek vir volwassenes en grootmense wat kan sien wat aangaan…loop speel…

Tande muis ·

manne ek is klaaaaaaaar gatvol en kan die gemors nie meer kyk of hoor nie ons sal altyd hier diep in ons harte bokke wees maar dit kwyn ook nou weg praat help ook nie meer versondig net ons siele……………

Johanna Botha ·

Nog lesse wat geleer word, NOG strategiese benaderings NOG fondamente wat gele word ….raak nou BAIE naar vir al die ewige stories en geen punte ….jy het nou jou kaans gehad begin nou punte kry phone a friend of kom daar uit ASB!

Ben ·

Wat my pla is dat die afrigter glo hulle kan nie die AB nie wen nie. Hoe moet die span nou glo? Die afrigter is die primere motiveerder. Nee wat, wat te veel is, is te veel. …..

CdV ·

Afrifgter se opmerkings en gedrag hier is so tipies die houding van ‘n bestuurder wat oorpromeveer is m.a.w. iemand wat total uit sy diepte is. Hoort nie op daardie vlak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.