Marx wil bordjies op Twickers verhang

Malcolm Marx. Foto: GB Jordaan.

Die Springbokke het twee van hul laaste vyf kragmetings teen Engeland op Twickenham gewen. Die laaste keer wat hulle as oorwinnaars van die veld gestap het, was in 2014, toe Pat Lambie se skepskoppoging in die 76ste minuut oor die dwarslat geseil het.

Op vanjaar se Europese avontuur het die Bokke teen Ierland en Frankryk vasgeval, maar hulle het verlede naweek vir Italië in ʼn driedrukfees oorrompel.

Dan kan dit seker ook nie té maklik wees om in die skadu van Rassie Erasmus se Twitter-sage vir ʼn belangrike toets voor te berei nie.

Tog is Malcolm Marx gereed om die bordjies teen die Rose te verhang wanneer die Springbokke hierdie Saterdag teen Eddie Jones se span kragte meet.

“Ons het ons beste in elke wedstryd op die jaareindtoer gegee en ons is baie opgewonde om teen Engeland te speel. Ek het nog nooit ʼn wedstryd teen hulle op Twickenham gewen nie en die span is oorgehaal vir die toets,” het die Springbok-haker gesê.

Hoewel Engeland teen die All Blacks ʼn haas uit die hoed gepluk het, meen sommige oudspelers dat daar iets met die Rose se ingesteldheid skort – hulle moet meedoënlose spel opdis wanneer die momentum aan hulle kant is.

Marx verwag egter weer eens ʼn taai stryd teen die tuisspan.

“Daar is nie ʼn span op die internasionale verhoog wat daarvan hou om te verloor nie. Al twee spanne sal hierdie wedstryd wil wen om hul seisoen op ʼn positiewe noot af te sluit.”

Hy sien ook uit na sy tweestryd met die Engelse voorspelers.

“Ons weet dat hulle baie sterk in die vaste fasette vertoon en dit gaan ʼn lekker uitdaging wees. Ons het die afgelope week hard gewerk en hopelik kan ons op ons vertonings van die vorige wedstryde verbeter.”

Uitslae van die Springbokke se laaste vyf wedstryde op Twickenham:

24 November 2012: 16 – 15 in Suid-Afrika se guns

15 November 2014: 31 – 28 in Suid-Afrika se guns

12 November 2016: 37 – 21 in Engeland se guns

3 November 2018: 12 – 11 in Engeland se guns

20 November 2021: 27 – 26 in Engeland se guns.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

vuurvliegie ·

Lyk my Rassie se plan slaag om Bok ondersteuners weg te jaag as ek so na die afduimpies kyk.

vuurvliegie ·

Ek hoop die skeidsregter weet waarvoor hy homself inlaat. Die media gaan weer vol trane wees as die Bokke verloor en al die vingers sal soos ouder gewoonte na die arme skeidsregter wys. Dis mos die nuwe Bok gewoonte. Sterkte aan die skeidsregter, blaas streng en moenie dat ‘n span jou boelie nie. Praat net met die kapteins en jaag ouens soos Willie weg met sy tantrums.

Leon ·

Marx noem dat hy “die bordjies wil verhang” duidelik deel die afrigter nie dieselfde siening deur die speler op die reserwebank kies. Sterkte Malcolm, hoop jou droom word bewaarheid as jy die wedstryd in die laaste 10 min moet probeer red. Nienaber duidelik nie baie vertroue in jou.

vuurvliegie ·

Marx is ‘n yster en groot staatmaker in die Bok groep. Sy hart is reg.
Ek dink dis maar politiek dat hy nie in die begin span is nie want hy is die beter speler.

Harley Davidson ·

Sal ‘n aanwins wees in ‘n regte span soos die all blacks

vuurvliegie ·

In die All Black span word ‘n posisie verdien. Dis waarom die All Black se ondersteuners daagliks groei in SA. Ek stem saam Marx sal ‘n aanwins wees.

Harley Davidson ·

So die volgende is weer ‘n verloor vir die grap span

Niklaas ·

Ons het laas keer daar ‘n groot kans gehad om te wen. Andre Esterhuizen is hard getref in die keel deur Owen Farrel. Skeidsregter Angus Gardner was te bang vir die gevolge van geel of rooi kaart en gevolglike strafskop. Pollard kon dit oorskop en SA wen. Niks gebeur toe nie , eindfluitjie blaas. En Engeland wen. Sulke skeidsregter optredes maak mens bitter.

vuurvliegie ·

Met hierdie een stem ek saam. Owen Farrel het meer skouers as arms gebruik. Verseker moes hierdie een ‘n rooi kaart gewees het.

duiweboer ·

Nee wat. Ek Glo nie die bokke gaan dit maak nie. Ek Se Engeland met 15

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.