Munster pootjie Stick se wenplanne

Munster het die SA A-span met 28 – 14 in Cork geklop. Foto: Twitter.

Die SA A-rugbyspan het gisteraand geblaas en nogmaals geblaas, maar hulle het hulle boeglam gesukkel om Munster se huisie in Cork om te stoot; om dan nie eens van die deur na moontlike Springbok-glorie te praat nie.

Die Suid-Afrikaners het met 28–14 die onderspit gedelf om vir die Ierse klub nóg ʼn oorwinning teen internasionale teenstanders te besorg nadat hulle destyds ook met die All Blacks en die Aussies afgereken het.

“Munster het goeie rugby in die reënerige toestande gespeel en ons het geweet dat hulle beslis hul geleenthede sal aangryp wanneer hulle in ons halfgebied is. Dan het ons glad nie by ons wedstrydplan in die eerste helfte gebly nie en ʼn paar maklike strafskoppe afgestaan,” het Mzwandile Stick, afrigter, gesê.

Die Iere het vier drieë teenoor die twee van die besoekers gedruk en selfs al het Thomas du Toit en kie die septer in die skrums geswaai, kon die Suid-Afrikaners maar net nie behoorlik aan die gang kom nie.

Volgens Du Toit, wat die kapteinskapleisels vir die wedstryd vasgevat het, kan ʼn gebrek aan kohesie een van die redes vir die nederlaag wees.

“Ons wil nie verskonings soek nie, maar ons het min tyd gehad om ons strukture slaggereed te kry. Daarteenoor is die verstandhouding tussen die Munster-spelers baie goed – hulle speel immers al baie lank saam rugby.”

Grant Williams het vir ʼn bietjie meer woema gesorg toe hy sy verskyning van die plaasvervangersbank gemaak het en Stick is tevrede met die wyse waarop die impakspelers hul stempel op die wedstryd probeer afdruk het.

“Die plaasvervangersbank het beslis baie energieke spel opgedis en die jong spelers het glad nie gaan lê nie.”

Die Bristol Bears wag Donderdag op die span.

  • Puntemakers:

Munster: Drieë: Shane Daly, Diarmuid Barron, Simon Zebo en Mike Haley. Doelskoppe: Ben Healy (4).

SA A: Drieë: Aphelele Fassi en Sikhumbuzo Notshe. Doelskoppe: Johan Goosen en Gianni Lombard.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Frans ·

Wedstryde word voorlangs gewen en die voorspelers het behalwe kom om kop omlaag stormlope niks meer gewys nie. VanvVoorspelerspel en dan veral hand tot hand bewegings is was daar geen sprake nie en is in lynstane sporadies om die bal meegeding.
Dit is jammer dat ‘n man soos Johan’ Ackermann nie hier afrig nie want hy het daarin geslaag om klompie onervare spelers in ‘n gedugte pak te omskep waaragter agterspel tot sy reg kon kom,

piet ·

Ackermann het ‘n paar jaar terug ‘n SA “A” span afgerig wat teen ‘n oorsese toerspan hier in SA verloor het. Ek kan dit goed onthou. Ons sogenaamde “diepte” is vir my al lankal ‘n rede tot kommer.

Koos 100 ·

Ek is totaal en al moeg vir die woorde: “ons wil nie verskoning soek nie, MAAR….” Soek verskonings maar dit moet die regtes wees. Goed soos, ons was onbevoeg. Ek sal die pak vat en bedank. Ons spelers is nie op internasionele vlak nie. BEE vereistes maak dat ons nie die beste beskikbare span op die veld kan sit nie. Jy sien Stick, dis die waarheid, en dit is wat ons wil hoor!!

piet ·

Die waarheid is daar’s ‘n mite oor die gehalte van ons reserwe rugbykrag in hierdie land. Vat jy daai 24 toetsspelers weg van die eerstespan, sukkel ons en dit het nou al verskeie kere navore gekom. Die gehalte van ons reserwekrag is baie ver agter die van ‘n land soos NZ. Daar het die Maori’s net verlede week vir Ierland A sommer behoorlik geklop in Ierland byvoorbeeld. Ek wonder hoe sal dit lyk as ons ons toetse moet speel sonder ons oorsese spelers.

piet ·

Die beste beskikbare span speel, ons is net nie so goed as wat ons dink ons is nie, nie naastenby so goed as wat sommige mense dink ons is nie.

Manie ·

Wat ‘n geploeter was dit nie. Verskeie Springbokke en nuwelinge wat eenvoudig uiters swak en uit hul diepte was. Net Ruan Nortje en Williams wat die powere Jantjies vervang het, kan hulle koppe effens omhoog hou, die res was skaamteloos pateties. Die span het gespeel asof hulle die oggend vir die eerste keer bymekaargekom het. As dit ons 2de of 3de bestes op hierdie vlak is, is ons rugby poegaai.

Sobymykoolkop ·

Hoe minder jy oor Stick sê hoe beter. Hy het nog nooit op enige plek as afrigter/ hulpafrigter regekom nie. Sodra Nienaber weg is en Stick en Davids vat oor, dan sal die poppe dans. Moenie verskonings soek nie, Rassie klaar besig om video te maak oor die skeidsregter se ” blapse “. Soos gewoonlik het julle darem lesse geleer hieruit. Kla oor min saamspeel maar NOOIT oor die astronomiese salarisse wat julle kry nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Erasmus se verantwoordelikhede strek wyer as die Springbokke. Hy moet sy werk begin doen. Ongelukkig is SA Rugby tans leierloos en in chaos.

Leon ·

Klink asof verskonings deel is van SA rugby en krieket spelers se pligstaat

Leon ·

Die hele konsep van ‘n SA-A span gaan homself altyd verleen tot selfsugtige spel waar elk homself in die Bokspan probeer inspeel.

JN ·

Ja jong…Ai Stick ….Maar maar maar, nes Bavuma en Kolisi en kie…Maar maar maar…Ly aan bomskok maar geniet nogsteeds die groot pay vir onderprestasie..
Jul manne wil mos nou aan die stuur wees so toe kom nou wys nou vir ons hoe dit gedoen word op jul meriete wel verdiende posisies wat jul vul..
Mens kan dit mos nie kwotas noem nie so kom nou ..Ek vra net asb hou op choke keer op keer op keer…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.