Mylpaal vir Duane teen Japan

Duane Vermeulen (Twitter @duane_vermeulen)

Duane Vermeulen sal Sondag in Tokio sy 50ste wedstryd in die nommeragttrui vir die Bokke speel – die meeste nóg deur ’n Suid-Afrikaanse speler in dié posisie.

Die oudleerder van Hoërskool Nelspruit het in die opbou tot die naweek se Wêreldbeker-kwarteindstryd teen Japan sy spanmaats gewaarsku – die Bokke moet hulle staal vir ’n blitsige Japannese aanslag.

“Jy weet eintlik wat op pad is, maar jy moet jou steeds daarvoor staal en die aanslag op die dag afweer – dit is die heel belangrikste vir ons,” het Vermeulen gesê.

Japan het vir die kwarteindstryd gekwalifiseer deur al vier hul groepwedstryde te wen. Dit is die eerste keer in hul rugbygeskiedenis dat hulle verder as die groepfase vorder.

Intussen benodig Handré Pollard net drie drieë om Morné Steyn se rekord vir die meeste drieë deur ’n Bok-losskakel te verbeter.

Steyn het agt drieë vir die Springbokke gedruk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Kallie Kraamkettie ·

Juffrou: “Erroll, gebruik die woord “verdwyn” in ‘n sin.”

Errol: “Rassie sê vir Eben Etzebeth hy moet die bal Verdwyn Vermeulen gee as hy getackle word.”

Geluk Duane, jy maak ons trots!!

Morne ·

Ek dink julle het dit vekeerd hy het sy 50 st deel All blacks gespeel

Klippies ·

Dis tyd dat Vermeulen sy kant bring. Made one tackle and missed four in his last test.

Waar is Reinach ·

Ek sien Faf is bo Reinach gekies! Dwase groot fout. Gaan ons die RWC kos. Geheel wn al te stadig. Telegrafeer sy “next move” en die opponente lees hom soos ‘n boek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.