Nog ʼn Lions-speler terug na SA

Shaun Reynolds

Gianni Lombard is Vrydag tydens die Lions se sege oor die Chiefs beseer en kom terug huis toe.

Die omvang van sy kniebesering is egter nog nie duidelik nie maar die 21-jarige is terug huis toe gestuur om toetse te ondergaan.

Intussen sal Shaun Reynolds en Jan-Henning Campher Saterdag na Nieu-Seeland vertrek om die span by te staan. Die Lions speel op 26 April teen die Crusaders in Christchurch.

Die Lions het die Chiefs met 23 – 17 op hul tuisveld geklop vir hul tweede agtereenvolgende sege in Hamilton.

Afrigter Swys de Bruin het voor die wedstryd om persoonlike redes na Suid-Afrika teruggekeer en Ivan van Rooyen het die afrigterleisels by hom oorgeneem.

Die Lions-vleuel Courtnall Skosan het ook vroeër die week na Suid-Afrika teruggekeer aangesien sy pa baie siek is. Tyrone Green het toe by die Lions aangesluit.

Warren Whiteley het weer die leisels in Vrydag se wedstryd oorgeneem nadat hy sewe weke gelede ʼn besering tydens die Lions se wedstryd teen die Stormers in Kaapstad opgedoen het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ellisras ·

Op ‘n heel ander noot. Rugby is ‘n werk. Dit is nie ‘n Loopbaan nie. Dit is ‘n baie gevaarlike werk. Die een oomblik het jy ‘n werk, die volgende wedstryd van jou lewe het jy verloor voor jy begin het want daar is ‘n jonger ster wat speel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.