Onoorwonne Blitsbokke deur na bekerkwarteindstryd

Quewin Nortjé het ’n stewige vertoning vir die Blitsbokke op die eerste dag van die Dubai -toernooi gelewer. (Foto: X/Blitsbokke)

Die Blitsbokke het die eerste dag van die Dubai-sewestoernooi onoorwonne afgesluit nadat hulle met Samoa, Kanada en Nieu-Seeland afgereken het.

Die Suid-Afrikaners het die beste vir laaste gelos toe hulle met ʼn uitstekende terugvegpoging teen die Kiwi’s vorendag gekom het om ʼn aksiebelaaide wedstryd met 21 – 19 te wen.

Selvyn Davids se span het nie vir ʼn rustydagterstand van 19 – 7 geskrik nie en hulle het 14 onbeantwoorde punte in die tweede helfte aangeteken.

Ronald Brown het die eerste van die Blitsbokke se twee drieë ná rustyd gedruk, terwyl hy ook in die kol met ʼn belangrike doelskoppoging was nadat Masande Mtshali die Nieu-Seelandse verdedigers geflous het.

Suid-Afrika speel Sondag (om 08:58) in die bekerkwarteindstryd teen Australië.

Uitslae:

  • Suid-Afrika 22 – 14 Samoa

Puntemakers: Drieë: Christie Grobbelaar, Rosko Specman, Shilton van Wyk en Impi Visser. Doelskop: Justin Geduld.

  • Suid-Afrika 35 – 14 Kanada

Puntemakers: Quewin Nortjé (2), Shilton van Wyk, Christie Grobbelaar en Selvyn Davids. Doelskoppe: Justin Geduld (3).

  • Suid-Afrika 21 – 19 Nieu-Seeland

Puntemakers: Quewin Nortjé, Ronald Brown en Masande Mtshali. Doelskoppe: Ronald Brown (2) en Justin Geduld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.