Rassie het sy huiswerk behoorlik gedoen

Rassie Erasmus. Foto: (Kyodo News via AP)

Haarfyn beplanning is al jare lank een van Rassie Erasmus se grootste bates.

Jare gelede, toe hy nog vir die Vrystaat gespeel en afgerig het, was hy gereeld in die nuus oor sy unieke en onkonvensionele metodes.

Dink maar aan die wys van kleurkaarte en later diskoligte op die dak van die Vrystaatse stadion se hoofpaviljoen, waarmee hy met die spelers gekommunikeer en boodskappe oorgedra het. Dink maar aan hoe hy met sy teenstanders se koppe gesmokkel het, dat van hulle geweier het om met rustyd kleedkamer toe te gaan, ingeval daar meeluisterapparate was.

In 2005 het hy vyf stutte in die Curriebekereindstryd teen die Blou Bulle gekies: Os du Randt, CJ van der Linde, Ollie le Roux, Jannie du Plessis en Wian du Preez, wat almal die een of ander tyd vir die Springbokke gespeel het.

Hy het hulle in die eindstryd vervang en later weer opgestuur. Daar is agterna daaroor gekla, daar is gesê dat dit teen die reëls was en indruis met die gees van die spel. Wat wel saak gemaak het, is dat dit die Blou Bulle heeltemal onkant betrap het. Die Vrystaat het met 29-25 gewen en kon die eerste keer sedert 1976 weer die Curriebeker omhoog hou.

Rassie Erasmus. Foto: (AP Photo/Themba Hadebe)

Erasmus is ʼn groot denker en ontleder van die spel. Hy en sy ondersteuningspan ontleed elke span, elke speler en elke denkbare aspek van die spel om ʼn moontlike voorsprong te kry. Hy het die klaarblyklike meesterplan om die All Blacks te ontspoor. Dit behels onder meer om hulle met opskietverdediging op die agtervoet onder druk te plaas, hulle agter die voordeellyn te wurg, om hulle in foute te dwing.

In verlede Vrydag se opwarmwedstryd teen Japan het die Japanners 64% besit gehad, maar hulle kon net sewe punte aanteken.

Hulle het in die hitte en humiditeit baie meer foute begaan en dis presies wat Erasmus-hulle wou hê.  Dit was ʼn nuwe manier om besit te bekom en die bal dan weer terug in hul gebied te kry.

Die Bokke het ook ʼn klaarblyklik vroeë voorsprong bo al die ander spanne, want hulle is reeds sowat twee weke in Japan om vlugflouheid af te skud, ten einde heeltemal by die hitte, humiditeit en vreemde kultuur aan te pas.

Die Iere het eers Woensdag na Japan vertrek, Wallis ʼn dag vroeër, die All Blacks Sondag en die Wallabies Maandag. Gaan dit genoeg tyd wees om behoorlik voor te berei? Net die tyd sal leer of Erasmus se beplanning genoeg sal wees om die Webb Ellis-trofee omhoog te hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Liza ·

Ek is absoluut gaande oor Rassie en sy metodes. Hy dink buite die boks en laat nie toe dat ander hom intimideer nie. Go Rassie, maak ons trots! 100% agter ons Bokspan!

Anoniem ·

Op ‘n ander noot. News 24 berig dat Peter de Villiers nie die Springbokke vanjaar by die wêreldbeker sal ondersteun nie, omrede hulle nie vir Etzebeth summier geskors het oor die bewerings wat teen hom gemaak is nie. Die de Villiers ventjie speel alweer die man en nie die bal nie. Ook maar goed die nar is nie meer die afrigter nie.

Anoniem ·

Ek het ook sopas daardie artikel gelees……skoenmaker hou jou by jou lees. Pieter dink voor hy praat en word net al hoe ongewilder. Go Rassie!!!

DewaldS ·

Ja – vlg PdV is jy skuldig totdat jy onskuldig bewys is… ou Helium hoort eintlik in die sirkus.

Leon ·

Pieter moes saam gegaan het om de bokke op te pas. Hy het sy kans gehad maar dit opgemors. Pietr moet maar net uit die ding bly. Etsebeth se storie is rassisties volgens Pieter. Wit mense wat dood gemaak word??? Dis nie rassisties nie, Pieter???? Bly op jou plek Meneer.

bloues ·

Dat Rassie ‘n rugby denker is, is ‘n feit. Oppas net dat slim nie sy baas vang nie.
As jy teen die All Blacks onnodig skop gaan jy probleme optel. Dit is ook ‘n feit

Basjan ·

Rassie het ‘n meesterbrein wat rugby aanbetref. Ek dink die SPRINGBOKKE het ‘n baie goeie kans om die beker huistoe te bring onder Rassie se leiding.

Erika ·

Wat ‘n afrigter en lojale persoon teenoor die Bokke!
‘n Persoon wat net die beste vir sy land wil hê!
Jy maak ons trotse Bok ondersteuners….

schaun ·

En hoe gaan julle die verloor teen die all blacks hanteer.

Valerie ·

Dieselfde ou SA siekte. Wen en “brag” nog voor hulle eers gespeel het. Maak julle maar reg vir teleurstellings. Weereens.

Vlakvark ·

Ag siestog nog n voorbeeld van mense watg altyd huil hulle suig aan die agterspeen. Kom by

Posduif ·

1Konings 20:11 – Maar die koning van Israel het dit geantwoord: Sê vir hom: Die een wat hom vasgord, moet hom nie beroem soos die een wat hom losgord nie.

Robert ·

Valerie kry gou die woordeboek dan lees wat wat beteken “brag”. Het jy al een keer vir Rassie hoor “brag”. Dis die media wat hom maak “brag”. Nie een keer het hy gesê hy gaan die beker huis toe bring nie. Hy het net gesê die bokke is voorbereid, maar dit sê nie die ander spanne is ook voorbereid nie, daar gaan terleurstellings wees en Rassie deel daarmee op sy nederige manier. Miskien moet jy hom maar begin ondersteun en minder krities wees.

kolla ·

The proof is in the pudding, kom ons kyk maar eers na die resultate. Persoonlik dink ek nie ons gaan dit maak as ons voortgaan met dieselfde up and under spelpatroon soos teen Japan nie. Baie gaan afhang van die eerste wedstryd. As ons wen reken ek ons gaan in die finaal speel. Verloor ons teen die AB’s voorspel ek dat ons ook teen Ierland gaan verloor in die kwart. Kom ons kyk maar.

PC ·

Kolla jy is reg met die skop ding, maar ek het iewers gelees dit was n baie bepaalde taktiek van Rassie om te skop om spesifiek sekere goed te toets. Hy wou juis toets om sonder die bal te speel. Blykbaar wou hy ook verdedigings patrone toets. Dit gaan baie interesant raak. Dit voel net vir my dat ons vir die eerste keer in jare behoorlik afgerig word. Of ons gaan wen weet ek nie, maar sover tik ons die regte boksies uit n voorbereidings oogpunt.

Judge Dredd ·

Die beste kans op wen is om nie jou planne te openbaar.

Hoop nou nie Rassie praat te veel nie – tensy hy dit met opset doen en dan ‘n ander speelstyl gaan volg.

chris ·

Ruaan & Valerie dink julle moet julle maar bepaal by netbal of so iets
hahahahahahahahah

Suzette Geringer ·

Ai ek moet sê daar sal nie plek in my skoene wees soos wat my tone van pure lekkerte sal krul as die Springbokke die wêreldbeker wen nie.
Ek hou styf duim vas.
Voorspoed Bokke!

Jerry ·

Rassie het n plan om druk op die opponente te plaas en hulle te dwing tot foute. Rassie het ook n hele paar gebeurlikheidsplanne vir in geval van beserings vir elke speler. Rassie is nie verniet die springbok afrigter nie, gelukkig is dit nie meer de Villiers van die kaap nie, wie sielsongelukkig is omdat hy steeds in die kaap is en Etsebeth in Japan is!

Swartwolf ·

Kyk ou snorre moet maar stilbly hy het hier Jake se wereld beker wenners geerf en toe ‘n super rugby trofee en oorwinning oor die britse leeus losgeslaan. Maar daai span was so goed hulle het hom gese wat om te doen. Om deur Zim gefire te word vir underperformance spreek boekdele.

kolla ·

En Meyer kon niks uitrig met daai selfde span nie. Snorre was ‘n beter afrigter as Heimlike Eier.

Swartwolf ·

Snorre was pateties sonder John Smit, Victor, Bakkies, Juan, Fourie, Habana as sterk leiers het die SARU hom ook gefire vir underperformance soos Zim. As jy performance wil he kry ‘n duusman.

kolla ·

Dis bemoedigend dat jy John Smit en Habana as Duusmanne beskou. Jy’t nog ‘n steil paadjie om te loop maar almal moet iewers begin.

Swartwolf ·

kolla gaan lees oor duusman. Lang pad om te gaan. Weet niks.

Werner ·

Rassie se wenpersentasie is tans swakker as White en Snor s’n. Laat ons wag en kyk.

Andre Coetzee ·

Ek kan 3 swak plekke in die bok “A span” identifiseer soos dit nou is.Ook dit is nie moeilik om teen ‘n span te speel wat net wil verdedig en skop nie.Solank jy die bal vashou en hulle moeg maak gaan jy erens jou breek kry.Sal nie te veel slaap oor die bokke verloor nie.Glo nie hulle gaan die Semi finaal ruiki nie.

En nou? ·

Ek is negatief oor baie dinge in ons land, maar luister mooi wat ek vandag se…

..die SPRINGBOKKE gaan die wereldbeker wen vanjaar!!!!
“I will put my money where my mouth is!!!!”

Josua Keys ·

Met Rassie se vermoë as afrigter is nie die vraag nie, wat my egter bekommer is dat daar spelers in die huidige bok span is wat ons dalk met rooi gesigte ons koppe in skaamte gaan laat sak nie juis omdat hulle vermoë om die spel te lees kort kom. Teen Japan het ons absoluut swak gelyk geen plan en die alewige wegskop van goeie bal is so in die spelers se koppe in gedril die afgelope paar jaar dat hulle hul eie natuurlike spel en lees van die wedstryd heeltemal verleer het, die een of twee keer wat die Japanners wel hul normale spel gespeel het het ons skielik soos n laerskool span gelyk en as dit nie vir hanteer voute aan Japan se kant was nie sou die telling beslis anders gelyk het. Ek bly egter steeds ‘n bok ondersteuner maar Rassie moet asb weer na die Japan wedstryd kyk dan sal hy sien hoeveel keer ons manne uit posisie was en as die Japenners se hantering beter was sou daar probleme gewees het. As ons teen die All Blacks vasval het ons probleme jammer om te sê.

Lou ·

Swartwolf hoe lekker lag ek nou vir die Zim kommentaar.
Wragtig as jy in Zim afgedank word vir swak prestasie dan het jy seker eintlik nie opgedaag vir werk nie!
Hou duim vas en hoop regtig die Bokke bring die beker terug maar ek is maar versigtig optimisties. Die All Blacks is nie verniet nr1 op die wereld ranglys nie.

kolla ·

Die AB’s is nie nommer 1 op die wereldranglys nie, Ierland (ons waarskynlike teenstanders in die kwarteindstryd) is. Eina.

Swartwolf ·

Stem Lou ons weet ons het nie die heel beste span nie maar ons hoop as ‘n geheel wen hulle die koppie. Senior spelers en leiers in die span sal moet sterk na vore kom om die gapings in leierskap te vul. Maar dit kan gedoen word.

Swartwolf ·

Sa het kwota kaptein Zim het kwota afrigter gehad albei lewe oneffektief. Gelukkig kan ou snorre nie kla dat rassiste hom gefire het nie. Sy performance was useless in enige boek. Wat ‘n grap.

kolla ·

Ek is nie seker of ons spelers en afrigter goed genoeg is om die beker te wen nie. Ons het egter ‘n baie goeie, inspirerende en gewilde kaptein wat die ondersteuning van die hele bevolking geniet en dit kan dalk net die verskil maak.

Swartwolf ·

Wat ‘n grap kwota wen die WB sonder Rassie se breins en die res se effort?? Ha ha hy skiet tekort aan albei.

Lekker lag ·

Definetief sy gewildheid onder nie rugby kenners sal laat die bokke wen niks anders met leierskap en spel peil uit te waai nie. Wat ‘n grap.

Ant ·

Hy het n meester plan om die All Blacks ontspoor..met opskiet verdediging….Nou….as dit hier geskryf staan gaan hulle mos weet van sy planne dan nie ? Ek glo hulle kan ook lees.

ProotGraat ·

Rassie – you go boytjie!!! Piet Div – wie stel belang is sy vreemde gedagtes en monduitspoelery??

Colin ·

Dis seker die eerste keer in maklik 10 jaar wat ek opgewonde is oor rugby! Ek dink Rassie doen fantasties, of die Bokke nou die beker wen of nie.

kolla ·

As die Bokke wen, rig ek persoonlik ‘n standbeeld van Kaptein Kolisi voor die Voortrekkermonument op as blyk van waardering hoe hy die boere tot hoër hoogtes en enigste oorlogsoorwinning ooit aangevoer het. Terselfdertyd kry hy sommer ook die “Freedom of the City” van Tshwane.

Rinkhals ·

Dink die boere gaan jou stop voor jy jou grafie in die sand druk. Try maar eers bonteheuwel of lavender hills.

Swartwolf ·

Daar is twee plekke wat jy van vergeet wat dit moeilik gaan wees – een plek is in KwaZulu Natal langs ‘n rivier tweede plek is in Angola so 275 km Noord oos van Rundu. Dis nou waar snert praat opdroog en jy niks kan se om dit af te breek nie.

Apools ·

Vertel ons wat jy gaan doen as kaptein kolisi nie die beker huis toe bring nie ?

Uncle Buck ·

Passop vir die Engelse. Hulle kan dalk almal se planne deurmekaar krap.

Frans C ·

Daar is omtrent 6 spanne wat die toernooi kan wen.Die groot gevaar is Engeland met ‘n sterk pak voorspelers en vinnige en kragtige agterspelers.Het die Springbokspan ‘n kans,Ja as hul oor die eerste hekkie kan kom en dit is die All Blacks.Is die punte verskil klein het hul nog steeds ‘n kans.

Want nou van die kaptein Kolisi,Kolla se groot held.Ja die man is ‘n goeie speler as die pak die oorhand kry maar is geneig om weg te raak as die pap voorlangs dik aangemaak word.Dan het jy ‘n kaptein nodig wat uitstyg die leidsels kan vasvat en die span vorentoe kan vat deur voorbeeld.

Hierdie beker gaan gewen word deur die span wat voorlangs die spel gaan domineer en nie deur spanne wat vlinderagtige rugby gaan speel nie.En wat van Kolla -los tog maar vir Kolla -hy is geregtig soos elkeen van ons op sy opinie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.