Saru wil rugby onder vroue bevorder

Volgens Saru is die aanvraag na vrouerugby besig om in Suid-Afrika, maar ook wêreldwyd, vlam te vat. (Foto: SA Women’s Rugby / X)

Die inisiatief word deur Lynne Cantwell, SA Rugby se hoëprestasiebestuurder vir vrouerugby, gedryf.

Dit vorm deel van Saru se afrigtersopleidingsprogram wat vanjaar deur die unie bestuur word en beoog om vroulike afrigters te bemagtig, asook om ’n databasis van alle voormalige nasionale vroulike spelers te skep.

“Ons wil vroulike afrigters identifiseer wat hul vlak twee-afrigterkwalifikasie voltooi het. Die unie wil ’n pad saam met voormalige Springbok-vrouespelers sowel as voormalige provinsiale spelers stap – veral met diegene wat reeds afrig of belangstel om in Suid-Afrika af te rig.”

Volgens Saru is die aanvraag na vrouerugby besig om in Suid-Afrika, maar ook wêreldwyd, vlam te vat.

“Ons wil die spel se groei verder ontwikkel. Suid-Afrika het ’n tekort aan gekwalifiseerde vroulike afrigters en ons stel teikens wat spelveranderend vir die sport  kan wees,” sê Cantwell.

Volgens haar dra vroue baie kennis van die spel en is die unie in baie gevalle nie eens bewus hiervan nie.

“Hiermee kan ons ’n toekomstige pad saam met vroue stap om ’n liefde vir die spel onder dogters te kweek, wat in die nabye toekoms by die sport betrokke wil raak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

piet ·

Sal moet want ons is BAIE ver agter die top-spanne in die wereld.

George ·

Dis waar Rassie gevaal het. Hy was aan stuur van SARU, maar het homself net by die mans besig gehou, hy was nie eens na die vroue WC toe nie, en as jy so daarna kyk, het hy SA Rugby gevaal, al het ons die beker gewen.

Wragtig ·

Ek wonder hoeveel van die vroue rugby spelers gaan oor ‘n paar jaar met borskanker gediagnoseer word – sal nie nou weet nie maar seker eers oor ‘n paar jaar van nou af dit sien . Daardie stampe en stote en laagvatte kan nie goed wees nie. Ek is ook glad nie ‘n voorstaander van vroue rugby nie alhoewel ek nie ‘n probleem het met ander sporte waar vrouens deelneem nie. En ons moes ook nou hoor dat die young guns en varsity cup dalk gaan wegval vir vroue rugby. Dit is absurd en hartseer vir ons seuns wat so hard speel om erens te kom en raakgesien te word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.