Seges vir Tuks, Ikeys en Maties in Varsitybeker

Tukkies vier hul oorwinning teen die Shimlas. Foto: Christiaan Kotze/Varsity Sport.

Die Varsitybekerreeks het oudergewoonte weer vir hope aksie gesorg – daar was ’n strafskop wat Tukkies in die doodsnikke van die wedstryd laat wen het, terwyl Ikeys en die UWK in ’n drieëfees betrokke was.

Tukkies 42–39 Shimlas:

Zander du Plessis, heelagter van die Universiteit van Pretoria, het senuwees van staal getoon toe hy die wenskop in die 83ste minuut van die wedstryd oor die dwarslat gejaag het.

Die skop moes ’n groot teleurstelling vir die Vrystaters gewees het, want hulle het uitstekend teruggeveg om ’n agterstand van 20–0 uit te wis.

Puntemakers:

Tukkies: Drieë: Etienne Janeke (2), Dewald Donald, Louritz van der Schyff en Eduan Lubbe. Doelskoppe: Zander du Plessis (4). Strafskoppe: Du Plessis (4).

Shimlas: Danco Burger (2), Pierre Uys (2) en Rewan Kruger. Doelskoppe: JP Duvenage (5).

Ikeys 58–55 UWK:

Die twee Kaapstadse universiteite het vir 14 drieë in hul aksiebelaaide kragmeting gesorg, maar Ikeys het uiteindelik met die Chester Williams-gedenktrofee weggestap.

Die Ikeys-skrumskakel, Kyle Bowman, het drie drieë gedruk.

Puntemakers:

Ikeys: Drieë: Kyle Bowman (3), Devon Arendse, Robert Hunt, Rethabile Louw en Le Roux Malan. Doelskoppe: James Tedder (4). Strafskoppe: Tedder (2).

UWK: Drieë: Strafdrie, Lungi Msenge (2), Tinotenda Mavasere (2) en André Manuel. Doelskoppe: Branden de Kock (3). Strafskoppe: De Kock (3).

Maties 44–14 Madibaz:

Foto: Christiaan Kotze/Varsity Sport.

Die Stellenbosse studente, wat die toernooi reeds ’n ongelooflike vyf keer gewen het, het ses drieë in hul oorwinning gedruk.

Dit beteken dat hulle steeds goed op dreef is om in nóg ’n halfeindstryd te speel.

Puntemakers:

Maties: Drieë: Juan Mostert (2), David Brits (2), Thys Kitshoff en Gift Dlamini. Doelskoppe: Adriaan van der Bank (5).

Madibaz: Khakalethu Bophi en Likhona Dywili. Doelskop: Tiaan Schutte.

  • Punteleer:
  1. Ikeys 31 punte (sewe wedstryde)
  2. Tukkies 27 punte (sewe wedstryde)
  3. Maties 25 punte (sewe wedstryde)
  4. Ixias 22 punte (ses wedstryde)
  5. NWU Arende 19 punte (ses wedstryde)
  6. UWK 15 punte (sewe wedstryde)
  7. Shimlas 12 punte (sewe wedstryde)
  8. UJ 12 punte (ses wedstryde)
  9. Wits sewe punte (ses wedstryde)
  10. Madibaz vyf punte (sewe wedstryde)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Anoniem ·

Die Shimlas se swak vertonings wys net weer hoe alles in Bloemfontein agteruitgegaan het. Hulle was altyd sterk mededingers en het prag rugby gespeel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.