Sesnasies: Engeland dra weer die kroon

Argieffoto

Engeland se rugbyspan het weer by die agterdeur ingeglip toe hy Saterdag die Sesnasiesreeks ʼn sewende keer gewen het (die derde titel in vyf jaar) nadat Ierland en Frankryk nie die laaste bult kon oorsteek nie.

Engeland het vroeër in Rome Italië met 34-5 geklop, ʼn bonuspunt verdien en sy punteverskil tot 31 punte gerek.

Die tafel was laat Saterdagaand in Parys vir Frankryk en Ierland gedek om daarby aan te sit, maar hoewel die Franse met 35-27 gewen het, was hul punteverskil nie groot genoeg om Engeland verby te steek nie.

Ierland het ook ʼn kans gehad om die kroon te dra, mits die Iere met meer as ses punte kon wen, wat hulle ook nie kon regkry nie.

Dit was Engeland, wat in verlede jaar se eindstryd van die Wêreldbekertoernooi in Japan deur die Springbokke gemesmeraais is, se eerste Sesnasiestitel sedert 2017.

Die Engelse keer Sondag huis toe om van aanstaande week af saam met Georgië, Ierland en Wallis in een van die groepe in die nuwe Herfsbeker-reeks deel te neem.

Dit was ʼn vreemde seisoen wat in Maart vanweë die Covid-19-pandemie uitgestel is.

Met die hervatting is geen toeskouers by die wedstryde toegelaat nie, maar steeds het dit op ʼn hoogtepunt geëindig.

Vir die Franse is die teleurstelling groot, want hulle was ongetwyfeld die span wat die mees avontuurlike rugby gespeel het. Maar soos gewoonlik het hul dissipline hulle op kritieke tye weer in die steek gelaat.

Wees maar verseker dat die kapokhaan-afrigter, Fabian Galthie, dit uit sy span gaan weer.

Vir Skotland wat Wallis Saterdag met 14-10 geskok het, is die oplewing in Skotse rugby ʼn groot pluspunt.

Dis jammer dat die Skotte nie in Julie in ʼn toetsreeks teen die Bokke kon speel nie, want hulle sou beslis nie net kanonvoer gewees het nie.

Vir Wallis lê daar swaarkry voor nadat die span tweede laaste geëindig het. Die afrigter, Franco Smith, gaan baie grys hare bykry voordat Italië sy man sal kan staan.

Só het die spanne geëindig (onder wedstryde gespeel, gewen, verloor, punteverskil en ligapunte):

Engeland 5 4 0 1 44 2 18

Frankryk 5 4 0 1 21 2 18

Ierland 5 3 2 2 30 2 14

Skotland 5 3 2 18 2 14

Wallis 5 1 4 21 4 8

Italië 5 0 0 5 -134 0 0

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

MakersMark ·

Siestog lyk of die rosies fisies herstel het na die bokke hul bietjie aggresief gesnoei het in Japan laas jaar. Definetief minder bloeiende en mank spelers.

Mad Mike die Rhodesiër ·

Hulle is beslis die beste span in die wêreld!

MakersMark ·

Sure tot hul teen die bokke moet speel. Bokke se voorspelers het hulle darem raakgery vandag ‘n jaar terug. Onthou nog van die engelse voorspelers se “fight fire with fire” kon net sowel ‘n vuurhoutjie aansteek in ‘n veldbrand sou meer effektief gewees het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.